Massiewe hulp aan droogte geteisterde gebiede
Updated | By Nathan Daniels
Gemeenskapslede staan saam om die droogte te oorkom deur voer aan boere te verskaf wat nie hul diere kan voed nie.
Dit reën mielies!
Boere van Calvinia, Landsrivier, Kammieskroon, Garies en Bitterfontein is van die ontvangers van nagenoeg 800 ton mielies.
'n Facebook-blad, Droogte Hulp, het persone versoek om donasies te maak vir boere wat gebuk gaan onder droogte.
Die organiseerder van die inisiatief, Burre Burger, sê die projek het in Calvinia in die Noord Kaap begin en het later uitgebrei na ander omgewings wat ook hulp benodig.
"Ons is hier om Suid-Afrika te verander. Dit is nie net om diere te voed nie, maar ook om hoop te bring en hoop oor te dra aan boere wat dit nodig het," sê Burger in 'n video op Facebook.
Donasies kon in kontant wees, maar bydraes deur maatskappye wat dienste verskaf word ook verwelkom.
Die vervoermaatskappy wat die mielie na die verskeie plekke vervoer het, Labucon Resources Pty Ltd's se Paul Labuschagne, sê hulle doen dit uit dankbaarheid.
"Ons doen dit vir die boere. Daar word gesê ons terug moet gee aan die gemeenskap en dit met dankbaarheid doen. Toe ons die voer aflewer kon jy dit sien, die waardering op hul gesigte is genoeg vir ons," sê Labuschagne.
Show's Stories
-
Where to watch the 2026 Winter Olympics
South Africa could be missing out on our Winter Olympics team making his...The Drive with Rob & Roz 23 hours ago -
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can ...
The Drive with Rob & Roz 1 day ago