Sisulu: Skole wat nie 50/50 wit en swart is nie móét sluit

Sisulu: Skole wat nie 50/50 wit en swart is nie móét sluit

Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK), Lindiwe Sisulu, wil skole deregistreer wat nie ‘n 50/50-samestelling van swart en wit leerlinge het nie.

lindiwe+sisulu_1.png

“Geen skool behoort geregistreer te word tensy hulle 50/50 swart en wit leerlinge het nie.”


 


Sisulu het talle warm onder die kraag gelaat na haar opmerkings tydens ‘n perskonferensie oor maatskaplike transformasie.


 


Sy het Dinsdag die media vertel dat wysigings aan beleidoorwegings by die ANC se nasionale beleidskonferensie bespreek sal word.


 


Sisulu het voor die opmerkings te kenne gegee dat sy nie die korrekte persoon is om standpunt oor onderwys in te neem nie.



DA claims BELA Bill is ‘school capture’ by ANC


 


Die NUK se voorsitter van die subkomitee oor maatskaplike transformasie glo ‘n eg Suid-Afrikaanse identiteit kan nie geweek word indien almal nie dieselfde voordele ontvang nie.


 


“Ons moet iets doen om 'n ryk erfenis vir ons mense te skep – dit begin by ons kinders. ’n Samehangende samelewing begin by ons kinders.


 


“Kinders is baie oopkop mense. Hulle weet nie eers wat kleur is nie. Ons dwing kleur op die kinders af. Maar as ons seker maak dat hulle saam in die skool grootword, is ek seker dat ons oor 10 jaar ’n beter toekoms sal hê,” het Sisulu gesê.



Lesufi accuses DA of playing politics amid battle over BELA Bill

 


Haar opmerkings kom te midde van ontevredenheid oor die wysigingswetsontwerp op die Onderwyswet (Bela) wat sekere bevoegdhede van skoolbeheerliggame wil wegneem insluitend die bevoegdheid om die onderrigtaal van ‘n skool te bepaal.


 


LUISTER NA SISULU SE OPMERKINGS HIERONDER:

Show's Stories