Glam & Skinner: 7de Laan Troue
Updated | By Staff Writer

Dis beslis die sepie-troue van die jaar!
Paula en Altus haak uiteindlik af na sowat tien jaar wat dié twee mekaar aan-en-af sien.
Suid-Afrikaners kan eerskomende Maandag regmaak vir die grootste troue in die land se tv geskiedenis.
Die tafels is gedek, die gaste is genooi en tot Hilda het gesorg vir die "marshmellow" troukoek - o ja!
En waar anders as Glam 'n Skinner vir ekslusiewe fotos van die paartjie!
Fotos: verskaf
The Fame Factory se Janis Ellis sê die produksiespan moes 'n nuwe stel bou - twee keer so groot as 'n gewone stel - net vir dié troue.
Choreograwe is ingeroep om die Laners te help met danspassies terwyl die beste ontwerpers ingespan is om die klere te maak.
Maak seker jy skakel in vir die troue, Maandag die 10de September, en die onthaal sal Dinsdag uitgesaai word.
Show's Stories
-
Are you excited about the Fast and the Furious finale?
Vin Diesel left fans on the edge of their seats when he announced that D...
The Workzone with Alex Jay 31 minutes ago -
New proposal to change South Africa's name
A planned proposal to change South Africa's name has sparked controversy...
Breakfast with Martin Bester an hour ago