GMA Extra: Secret angels share the love

GMA Extra: Secret angels share the love

An anonymous donor helps baby Charniques' family with their unexpected medical crisis

gma-blog_UI3EQMy.jpg

Angel:

Anonymous donor 

 

Sponsoring:

An anonymous donor contacted Good Morning Angels wanting to help out a family with a donation of R4000,00. They chose to help Baby Charnique

 

Background:

Baby Charnique is home from hospital, after she was treated for pneumonia and asthma in the Polokwane Provincial Hospital. Her parents are on medical aid, but only realised that their baby was not when she had to be admitted. Both parents had to take unpaid leave off work to be by her side and they will have to rent or borrow an oxygen tank for her use at home as her one heart valve is not fully functional and she needs help breathing. She will have to go back to hospital and even petrol money is becoming an expense her parents are finding difficult to meet. And then, there is the medication that they have to buy cash too.

 

 

Original request:

 

Goeie More Good Morning Angels,


 
Ek wil asseblief vra of iemand nie dalk my boetie hulle sy klein meisiekind kan help nie. Charnique is nou 6 maande oud en is in November 2014 gebore.  Sy is op die 5de Mei 2015 opgeneem in die Pietersburg (Polokwane) Provinsiale hospitaal nadat haar ouers uitgevind het die medies het haar nooit opgesit nie. Sy is opgeneem met dubbele longonsteking en asma en is daar toe ook uitgevind haar hartkleppie is nog nie toe nie en dit is hoekom haar hartjie so swaartrek met die longonsteking. Sy het opgehou asemhaal toe haar ouers inhardloop met haar in die hospitaal in en sy is dadelik opgeneem in ICU.


 
Ongelukkig is ons klein pop nogsteeds in icu maar gaan dit al beter met haar. Ons weet nog nie wat die onkostes gaan wees nie en my boetie se verloofde moes twee weke van werk mis om by sussie te kan wees met besoektye siende dat hulle nie heeltyd by haar mag wees nie, so hulle petrol geld was ongelooflik baie die laaste twee weke en gaan dit nog aan. Pappa se dae wat hy die eerste week by sy kind was, word afgetrek by van sy salaris af ook, so einde van die maand gaan hy nog minder uitkry. Hulle gaan Charnique op medikasie moet hou vir ‘n hele ruk totdat haar hartjie reg is en haar kleppie toegegaan het. Ons wil probeer kyk of ons nie ‘n klein suurtstoftenkie kan leen by iemand net vir twee of drie maande totdat ons weet sy is uit gevaar uit vir as sy ontslaan word.


 
Ek hoop daar is dalk iemand wat kan help want my boetie hulle sukkel maar en hulle harte is baie seer elke keer as hulle gaan kuier vir sussie met besoektye omdat sy baie hartseer is en huil as hulle daar kom want sy mis haar ouers en dis die eerste keer wat sy weg is van hulle af. Sy was onder sedasie tot en met Woensdag en van Donderdag af is sy bewus van alles om haar en dat sy by ‘n vreemde plek is.
 


Haar arme armpies is al vol naaldmerkies en blou soos hulle moes bloed trek om te kyk of sy verbeter elke dag en haar drippie is nou al in haar koppie.


 
Ek vra nie baie vir hulle nie, maar as iemand dalk kan help met ‘n suurstoftenkie wat ons kan leen vir so twee maande of so, sal dit baie waardeer word.


 
Die ouers is al deur baie en die klein meisiekind ook, en gaan hulle nogsteeds deur dit, maar ten minste weet ons nou sy gaan dit maak. Ons as familie het reggestaan en kos in die aande vir hulle twee reggehad na besoektyd en het oupa gehelp met petrolgeld om als bietjie makliker te maak.


 
Hoop julle kan ons familie help.
 

Baie dankie!!!
Marina van Rooyen 

Show's Stories