Verkeerde Grappie
Updated | By Robbie Kruse
My Pa is nie hier nie
'N Man kom op die plaas aan waar hy net 'n klein seuntjie by die opstal aantref.
"Is jou pa hier?" vra die man.
"Nee oom, my pa is in die dorp."
"Is jou broer Gert hier?" vra die man.
"Nee, Oom, my broer Gert is in die koshuis en kom net elke tweede naweek huis toe. Is daar iets waarmee ek Oom kan help?"
"Jou broer, Gert, het my dogter swanger gemaak," sê die man.
"Oom sal maar met my pa moet praat. Ek weet hy vra R5,000.00 as ander mense sy bul gebruik om hulle koeie te dek.
Ek weet ook dat hy R2,000.00 vra as ander mense sy ram gebruik om hulle ooie te dek.
Ek het egter geen idée wat my pa oom gaan vra vir die werk wat Gert gedoen het nie..."
Show's Stories
-
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
Parent–child estrangement: A guide to healing
Relationships with our parents and children are not always perfect.
Elana Afrika-Bredenkamp 15 hours ago