Good Morning Angels (Car for Pensioners)

Good Morning Angels (Car for Pensioners)

A brand new car for pensioners who've been traveling by foot and wheelchair

Good Morning Angels Logo_18.jpg

 

A brand new car for pensioners who've been traveling by foot and wheelchair
 
 
REQUEST FROM: Elzabe Goosen
 
 
REQUEST FOR: Elize and Frank Lingerfelder 
 
 
ANGEL: Bertus van Niekerk from De Novo Business Services 
 
 
SPONSORING: De Novo will give Elize and Frank a brand new Chery car!!!
 
 
WATCH THIS STORY: This Sunday at 8:55 and 17:55 on "Vat My Hand" sponsored by Builders Warehouse on KykNet, channel 144 on DSTV
 
 
BACKGROUND:
 
Elize and Frank have been married for 13 years. They are pensioners in their 60's. Like many people, they are struggling financially. Frank walks to the shopping centre nearest to their flat on weekends, to work as a car guard to supplement their income. Elize bakes and sews, cooks and does the washing from her wheelchair, after she lost her right leg after a seven year battle and many operations to save it. They don't have a car, so when they go anywhere, they walk ... Frank pushes Elize in the wheelchair. When Elize's daughter lost her job, they helped and looked after her. Our Angel today decided to heed her request for a small car for Elize and Frank ...
 
 
 
 
 
 
 
ORIGINAL REQUEST:
 
 
Hello GMA Span,
 
My Ma (Elize Lingerfelder 63) en stiefpa het dringend hulp nodig. Sy en my stiefpa (Frank Lingersfelder 68) is al 13 jaar getroud.
 
My Ma het nou onlangs haar regterbeen verloor. Na sy en die dokters en almal se gebede, geveg het om haar been te kan behou. Sy het ‘n teater virus opgedoen in die hospitaal.
 
Hulle het dringend ‘n motortjie nodig. Iets wat hulle nie in die steek sal laat nie en waarin haar rolstoel sal pas met gemak.
 
Hulle is beide pensionarisse en my stiefpa doen oor naweke “karwag” werk sodat hulle darem kan oorleef. Hy loop van Les Marais na Gezina Stad en terug elke keer wat hy moet gaan werk.
 
As hulle winkels of dokter toe gaan, moet hy my Ma in die rolstoel stoot. My Ma moet gereeld die fisioterapeute sien en die dokters en oral moet hy moeder in die stoel heen stoot.
 
My stiefpa het jare terug 'n rugoperasie gehad en die lopery keil hom op. Hy was juis gister weer by die dokter want hy het inflammasie in sy voet haak.
 
My Ma is seker DIE braafste mens wat ek ken!
 
Die sewe jaar se pyn, die herhaaldelike operasies, die ICU’s, die hoop om die been te behou, die afsit van haar been – NIKS kon haar tot dusver onderkry nie! Sy bly glo aan God en dat Hy ‘n doel het met als. Sy se die duiwel het haar been geneem maar God het gese hy (die duiwel) sal nie haar lewe neem nie!
 
Sy doen wasgoed, maak kos, kook en bak, doen naaldwerk – dit alles vanuit haar rolstoel.
 
Haar gesindheid is so pragtig……. Ek kan met trots na haar kyk en my hoed afhaal vir die moedige vrou.
 
My Stiefpa verdien ook ‘n medalje omdat hy so liefderik na my moeder omsien.
 
Hulle bly tans in ‘n woonstel in Les Marais, op die tweede vloer, daar is geen hysbak nie.
 
Indien my moeder erens heen moet gaan, moet sy op haar boude die trappe af en later weer so terug.
 
Hulle kan nie verhuis na n grondvloer plekkie nie, want dan is hulle te ver van die dokters en Eugene Marais Hospitaal.
 
Kan iemand hulle dalk ASSEBLIEF help met n motor of fondse om 'n motortjie te bekom??
 
Ek sal julle en al die Angels ewig dankbaar wees.
 
Ek was nou vir lank werkloos en hulle het ook na my omgesien in die tyd.
Ongelukkig is ek nie in staat om hulle te help nie, want die salaris wat ek voor werk is maar karig.
 
Maar dit breek my hart dat hulle so moet sukkel.
 
Baie dankie,
Elzabe

Show's Stories