Angie Oeh 'leeu met katjie hart', sê vriend Peach van Pletzen

Angie Oeh 'leeu met katjie hart', sê vriend Peach van Pletzen

Musikant Peach van Pletzen het met Breakfast with Martin Bester gesels oor die dood van sy beste vriendin, Angie Oeh. 

Peach van Pletzen and Angie Oeh
Instagram/ Peach van Pletzen

Talle huldeblyke het Sondag op sosiale media in gestroom na die dood van die 24-jarige rapper, Angie Oeh.

LEES: Sanger Juan Boucher verklap geslag van nuwe baba

Bekendes soos Peach van Pletzen, Francois van Coke en Jack Parow het die tragiese nuus op sosiale media bevestig. 

Volgens die verklaring op die 24-jarige se Instagram-blad is sy op 13 Augustus by Life Wilgers-hospitaal in Pretoria opgeneem waar sy om 17:24 op Saterdag 19 Augustus dood verklaar is.

"Sy is op Maandag 14 Augustus 2023 met fase vier-longkanker gediagnoseer en na ’n noodoperasie op Dinsdag 15 Augustus het sy die daaropvolgende Donderdag met chemoterapie begin.

"Na die tweede chemosessie op Vrydag 18 Augustus het sy begin sukkel met lae suurstofvlakke in haar bloed en is sy in die hospitaal se waakeenheid opgeneem. 

"Daar is alles moontlik gedoen om haar te stabiliseer, maar ongelukkig het dinge net nie beter gegaan nie en het haar organe begin ingee."

WATCH: Man teaches American fiancée Afrikaans part of SA national anthem

Breakfast with Martin Bester het Maandag met Suid-Afrikaanse musikant Peach van Pletzen gepraat oor die afsterwe van Angie. 

Van Pletzen was by die rapper op die tyd van haar dood. 

Angelique Greef, beter bekend as, Angie Oeh van Pretoria het Maandag in 'n Instagram-plasing bevestig dat sy met longkanker gediagnoseer is. 

"Vandag is ek gediagnosed met stage 4 long kanker. Ek is bang. Ek is so f*kken bang," het Angie Oeh geskryf. 

MEER HIER: 'Ek is bang' - SA musikant deel fase vier longkanker diagnose

Greef het openlik haar skok oor die diagnose gedeel en vertel hoe die kanker haar fisies ge-affekteer het. 

"Nou is ek so siek ek moet iemand vra om vir my 'n water bottle aan te gee wat reg langs my staan," het sy geskryf.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Peach van Pletzen

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories