KYK: Afrikaanse tannie gee beweerde koperdief pakslae

KYK: Afrikaanse tannie gee beweerde koperdief pakslae

Breakfast with Martin Bester het vroeër in 2023 berig oor 'n tannie wat 'n beweerde misdadiger pakslae gegee het. 

Koperdief
Facebook/ Screenshot

As jy dink jy het genoeg gehad van misdadigers, het jy nog nie hierdie tannie gesien nie.

Ons almal ken die gesegde 'om 'n pakslae in lettergrepe te kry' en dit is presies wat 'n vrou in Suid-Afrika gedoen het na 'n beweerde koperdief vasgetrek is.

'n Video wat vroër die jaar die rondtes op sosiale media gemaak het wys hoe die vrou 'n man wat vasgebind is met 'n lang voorwerp pakslae gee.

Die onbekende vrou is duidelik woedend tydens die video, aangesien sy die man 42 keer geslaan het. 

"Julle steel mos die koperpype né. Ek sal jou moer. Ek sal jou moer, want julle wil nie hoor nie. Ons is ou mense." 

Volgens die plasings op sosiale media was die man vasgetrek nadat hy koperpype gesteel het.

Waarskuwing: Die video mag dalk onstellend wees vir sommige kykers.

Meeste sosiale media gebruikers het die vrou verdedig vir haar dade: 

"Dis reg moer hom tannie hulle wil mos steel dis wat hulle kort kom a moerse pakslae," het een Facebook-gebruiker gekryf.

"Lekker jungle justice. Love it. Gee Hom Tannie." 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories