Bekende 'Housewives'-ster duik by 'Diepe Waters' in

Bekende 'Housewives'-ster duik by 'Diepe Waters' in

Die bekende 'Die Real Housewives van Pretoria'-ster sal op 10 en 11 April in die telenovelle 'Diepe Waters' verksyn.

Die Real Housewives of Pretoria
Verskaf

TV-kykers het haar leer ken in die 'Die Real Housewives van Pretoria', maar een van die dae is Mel Viljoen in 'n heel ander rol te sien wanneer sy haarself op 10 en 11 April in 'Diepe Water bevind. 

Mel maak 'n draai in dié gewilde telenovelle waar sy haar professionele kundigheid gaan inspan om aan van die vroueswemmers 'n nuwe voorkoms te gee. 

MEL VILJOEN DIEPE WATER
Verskaf/ kykNET

Dit kom ook aan die lig dat sy vir 'Thandi' ken wanneer sy Skinvestment besoek. Mel ontmoet terselfdertyd vir 'Valencia', wat Brooklyn toe trek om by Mel se naelsalon te gaan werk.

LEES: Hannon Bothma se Julius veilig gevind

"Met realiteits-TV speel jy jouself en nie 'n fiktiewe karakter nie," sê Mel oor wat vir haar die grootste verskil was tussen haarself wees in 'n realiteitsreeks en haarself in ’n telenovelle speel. 

"Die drama is eg in 'n realiteitsreeks. Niemand skryf jou teks nie. Jy leef ook met die nagevolge. Daar is nie kans vir 'n take two nie.

"In 'Diepe Waters' speel ek myself as hoof van Tammy Taylor en daarom was dit heel natuurlik. Ek verstaan wat ek doen. Die 'Diepe Waters'-span moes my net help om woorde by gesigsuitdrukkings te laat pas en te sorg dat dit net-net genoeg is. Hulle was baie professioneel."

Wat was vir haar die hoogtepunt van die opnames?

"Dit het my asem weggeslaan om te sien hoe natuurlik die proses vir die akteurs is. Hulle verdien beslis hulle geld! En ja, as ek die kans kry om dit weer te doen, sal ek beslis."

KYK: Brendan Peyper kies droommeisie op 'Op My Eish!'

As jy enige rol in enige bekende fliek of reeks kan kies, wat sal dit wees?

"Ek sal ’n Barbie cowgirl in die Amerikaanse reeks 'Yellowstone', met Kevin Costner in die hoofrol, wil speel. Ek sal wil leer perdry met my hare wat perfek wapper terwyl ek oor die vlaktes galop."

Die twee episodes waarin Mel in 'Diepe Waters' te sien is, word op 10 en 11 April om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Hannon Bothma

Show's Stories