Dis partytjietyd met Martin Bester se nuwe enkelsnit 'Boerepop'

Dis partytjietyd met Martin Bester se nuwe enkelsnit 'Boerepop'

Jacaranda FM se eie Martin Bester het hierdie Desember met sy nuutse enkelsnit 'Boerepop' afgeskop. 

Martin Bester foto
Supplied

Een ding waarvan elke Afrikaanse musiekliefhebber seker is: As jy 'Boerepop' oor die luidsprekers gooi, ontstaan daar 'n Boerejol wat onverbeterlik is!

Daarom het die sanger en media persoonlikheid Martin Bester saam met die liedjieskrywer Rouxan Cloete gespan om 'n splinternuwe Afrikaanse somertreffer, 'Boerepop', te skryf. 

KYK: SA sanger Jemma Catherine stel nuwe enkelsnit vry

Martin is met 'Boerepop' slaggereed om hierdie somer al wat 'n fees en partytjie is behoorlik op horings te neem. 

"Die goedvoel-liedjie is vir mense wat weet hoe om hard te werk en dan lekker hard te kuier!" sê Martin oor die boodskap van die liedjie. 

"Afrikaanse feeste en kuierplekke is ongelooflik lekker en ek wou graag my liedjie daaroor opneem." Martin se stem is deur Paulo Azevedo van Coleske Artists opgeneem en Dirk van Niekerk het die liedjie in die Kaap gemeng en vervaardig. 

"Dit was die eerste keer wat ek saam met Dirk werk, en wat 'n voorreg! Hy weet presies hoe 'Boerepop' moet klink!" 

Die prettige musiekvideo vir 'Boerepop' skep 'n agter-die-skerms, toer-gevoel met gekombineerde beeldmateriaal van Martin se lewendige optredes, soos by die onlangse Groot Jol-konsert by die Voortrekkermonument in Pretoria. 

Stroom 'Boerepop' nou op alle platforms. 

"Ons gebruik baie skote van feeste en konserte waar ek op die verhoog is maar ook agter die skerms en van die gehore." Martin het in 2021 die treffersnit 'Lilly' uitgereik en het ook onlangs saam met die kletsrymer Loufi die treffer 'Disco Damage' uitgereik.

@jacabreakfast Dis tyd vir ‘Boerepop’ - @Martin Bester se splinternuwe enkelsnit! Gaan na Martin Bester se TikTok om te kyk hoe jy R60,000 kan wen 🤩 #JacaBreakfast #Fyp #Dans #Boerepop ♬ Boerepop - Martin Bester

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories