Donnalee Roberts en Ivan Botha het 2023 met gróót nuus begin!

Donnalee Roberts en Ivan Botha het 2023 met gróót nuus begin!

Dit was 'n baie goeie jaar vir die akteurspaar Donnalee Roberts en Ivan Botha. 

Donnalee en Ivan
Instagram/ Screenshot

Die akteurspaar Donnalee Roberts and Ivan Botha het Februarie met goeie nuus afgeskop nadat die paar hulle swangerskap bekend gemaak het.

Die 'Stroomop'-akrtise het op 1 Februarie 'n plasing op Instagram gedeel waar sy die goeie nuus gedeel het.

"And suddenly, just like that - in an instant, our hearts expanded, and YOU our little new BIG LOVE came to complete our love story,” het sy op Instagram geskryf. 

In Junie het Botha die fantastiese nuus gedeel dat die paartjie 'n babaseun verwelkom het. 

"Ek is so trots op my ‘ROCKSTAR’ vrou. @donnnalee_r jy is ‘n regte 'wonder woman'," het hy op Instagram geskryf. 

Roberts het vir die eertse keer, vanaf klein Luca se geboorte, foto's van die kleinding op Instagram gedeel. 

Die geliefde akteurspaar en filmmakers Ivan Botha en Donnalee Roberts het met hul groot lokettreffers, die romantiese avontuurfilms 'Pad na jou hart' en 'Vir altyd'derduisende Suid-Afrikaanse harte verower

Hul jongste rolprent, 'Blindelings', mik weer reguit na ons hartkamers toe – maar dié keer jaag dit ’n angswekkende adrenalienskoot deur jou are wat gaan maak dat jy jou vingernaels verinneweer. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories