Eben Etzebeth deel groot nuus na Wêreldbeker-eindstryd!

Eben Etzebeth deel groot nuus na Wêreldbeker-eindstryd!

Eben Etzebeth en sy vrou Anlia Etzebeth het Sondag opwindende nuus op sosiale media gedeel.

Eben Etzebeth en Anlia deel groot nuus na Wêreldbeker-eindstryd
Instagram/ Skermgreep

28 Oktober 2023 sal veraltyd onthou word as die dag wat die Springbokke vir die vierde keer die Rugbywêreldbeker gewen het. 

Terwyl elke Suid-Afrikaner Sondag hierdie groot prestasie gevier het, het Springbok-slot Eben Etzebeth en sy vrou Anlia Etzebeth nog goeie nuus oor 'n moontlike 'baba Etzebeth' gedeel.  

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verklap groot nuus!

Anlia het op 'n Instagram-plasing 'n foto van haar en Eben wat die Webb Ellis-trofee vashou gedeel. 

In die foto glimlag die paartjie beide van oor tot oor terwyl die Springbok-slot sy vrou se maag vashou.

"BLESSINGS upon BLESSINGS! Thank you Lord! Well done Bokke & HAPPY BIRTHDAY my liefste man," het Anlia op haar Instagram-plasing geksryf. Sy het ook vier emoji's daarby gedeel, waarvan een 'n swanger vrou voorstel. Hierdie emoji is wel later verwyder.

Eben het ook Sondag sy 32ste verjaardag gevier, slegs ure na die Springbokke die Wêreldbeker gewen het.

LEES: Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'

Talle bekendes en aanhangers het wel hulle gelukwense op die plasing gedeel:

"Dubbele joy! Geluk, julle," skryf akrtise Simoné Pretorius.

Sanger Karlien van Jaarsveld het ook geskryf, "So bly saam julle".

"Baie baie geluk julle twee! Met die wen en die klein Etzebeth," het Niel Bruwer 'n boer van 'Boer Soek 'n Vrou' seisoen 13 geskryf.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories