Eben Etzebeth se vrou deel eerste troufoto's
Updated | By Etienne Bruwer
Eben Etzebeth en sy vrou, die 'Getroud Met Rugby'-ster, Anlia van Rensburg, het vroeër in Februarie hul sprokiestroue gevier!

Die Springbokslot, Eben Etzebeth, wat onlangs as rugbyspeler van die jaar aangewys is vroër die maand in Franschoek getroud.
Sy vrou, aktrise en sanger Anlia van Rensburg, het Sondag een van eerste troufoto’s van die spesiale dag op Instagram gedeel.
KYK: Donnalee Roberts en Ivan Botha deel gróót nuus!
"1 Week getroud met my beste pel! Dit is ALLES," skryf Van Rensburg op Instagram.
Van Rensburg se plasing het vele gelukwense van aanhangers en ander bekendes ontvang.
Rachel Kolisi, Springbok-kaptein Siya Kolisi se vrou, skryf, "The most beautiful day," onder die Instagram plasing.
Kolisi was ook een van die strooijonkers op die spesiale dag.
Friday Live: Droomsindroom sing 'Toe Vind Ek Jou'
Volgens Netwerk 24, is die paar in 'n intieme seremonie in Franschoek getroud na hulle in Maart verlede jaar verloof geraak het.
Die Springbokrugbyspeler se vrou het koppe laat draai in haar spierwit rok wat deur Suid-Afrikaanse ontwerper Anel Botha ontwerp is.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
SA teen to be signed by famous English football club
A 13-year-old South African is set to receive around R17 million once he...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago -
Odd but useful life hacks that save time
While time may be unlimited for some people, it is something that many t...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago