Friday Live: Droomsindroom sing 'Toe Vind Ek Jou'

Friday Live: Droomsindroom sing 'Toe Vind Ek Jou'

Musiekduo, Droomsindroom, het op Friday Live hulle weergawe van 'Toe Vind Ek Jou' opgetree. 

Friday Live Droomsindroom
Supplied

Kirsten en Kyle Schlebusch, saam bekend as 'Droomsindroom', het Suid-Afrikaners behoorlik op hol gehad met hulle eerste enkelsnit 'Hey Sonneblom'.

Die broer-duo het laat 2022 hulle tweede enkelsnit 'Afrika Son' op Breakfast with Martin Bester bekend gestel.

Friday Live: 'Die Kontrak 2' wenner Samantha Leonard sing 'Believe'

Vrydag op Breakfast with Martin Bester het die groep luisteraars bederf met 'n optrede van hulle 'Afrika Son'.

Kirsten, 22, is die oudste van die twee boeties het reeds in 2019 sy enkelsnit 'Mia' vrygestel. Kyle, 15 is tans in Graad 9 en het sy broer in 2021 begin musiek maak. 

"Daar is min dinge in die wêreld wat vir my so mooi is soos die Afrika Sonsak," sê Kirsten.

"Hierdie song is geskryf om vir enige iemand wat luister, daai 'proudly South African' gevoel te gee. Dit moet jou terug vat na uitverkoopte rugby games waar duisende mense saam skree vir die Springbokke as hulle wen, koeksusters eet met 'n koppie tee op die plaas, 'n lekker boereworsrol by 'n familie braai eet en daai warm gevoel wat jy kry as jy 'n mede Suid-Afrikaner oorsee raak loop."

Friday Live: David Fourie slaan asems weg met Chris Isaak se 'Wicked Game'

Die broer-duo glo dat almal verskil, maar tog lewe almal saam onder die Afrika Son en deel dieselfde stresse, konflikte, geluk en toekomsdrome.

"Hierdie liedjie wil ons met almal deel en hulle weer bietjie moed en hoop gee vir ons mooi land."

Luister hulle nuutste enkelsnit hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories