Friday Live: Juan Boucher sing 'n Bruce Springsteen-treffer

Friday Live: Juan Boucher sing 'n Bruce Springsteen-treffer

Suid-Afrikaanse musikant Juan Boucher het Vrydag saam met Breakfast with Martin Bester gekuier en sy weergawe van 'Dancing In The Dark' van Bruce Springsteen opgetree. Kyk die volle optrede hier!

Juan Boucher
Jacaranda FM

Vir hierdie week se Friday Live het musikant Juan Boucher saam die Breakfast with Martin Bester span gekuier en ons behoorlik bederf met sy weergawe van 'Dancing In The Dark'. 

Friday Live: Pieter Koen sing sy weergawe van 'Lady In Red'

Kyk die volle optrede hier:

Boucher het ook meer gedeel oor sy nuutste enkelsnit 'Dogter' wat tans beskikbaar is op alle platforms.

Die Suid-Afrikaanse sanger het sy nuwe enkelsnit vir die eerste vrygestel op Breakfast with Martin Bester.

“Ek wil graag eendag op hierdie liedjie met my dogter dans by haar troue,” sê Juan Boucher oor die inspirasie agter sy splinternuwe enkelsnit, 'Dogter', wat beslis vir ander pa’s en dogters net soveel spesiale betekenis gaan inhou in die toekoms.

Hierdie lied, wat vanaf die eerste noot aan die hartsnare tokkel, kom uit sy eie pen en is vervaardig deur Tertius Human

Friday Live: Jo Black sing akoestiese weergawe van sy treffer 'Sê My Mamma'

“Daar is al baie liedjies met pragtige titels, maar hoe pragtig is die woord en die titel 'Dogter' nie net so op sy eie nie. Elke vrou, moeder, ouma en kleinkind is ’n dogter vir iemand, en hierdie liedjie verduidelik dit so mooi,” deel hy. “Dit is baie uniek, omdat daar nog nooit voorheen so iets geskryf is nie en dis vir my ’n groot voorreg om dit te kan sing en opdra aan my eie dogtertjie.”

’n Nostalgiese musiekvideo van die snit, wat regoor die land verfilm is, sal ook eersdaags beskikbaar wees en die sanger is baie opgewonde om dié konsep, wat hy saam met Quintin van der Merwe opgetower het, met aanhangers te deel. “Ons wil graag met dié video in ons kultuur vasvang hoe lief pappas vir hulle dogters is,” sê hy.

Kyk hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories