Friday Live: Kurt Darren bring 'n nuwe gevoel na een van sy grootste treffers

Friday Live: Kurt Darren bring 'n nuwe gevoel na een van sy grootste treffers

Die Suid-Afrikaanse legende Kurt Darren het hierdie week op Friday Live sy nuutste liedjie bekend gestel en 'n akoestiese weergawe van een van sy grootste treffers opgetree. 

Kurt Darren
Supplied

Kurt Darren vermaak huishoudings regoor Suid-Afrika al vanaf die 90's en vandag staan sy stempel ferm as een van díe land se grootste legendes. 

Sy musiek is bekend regoor Suid-Afrika en oorskry talle ras en taal grense. 

Friday Live: Francois van Coke and Hunter Kennedy perform 'Daarsy Boys'

Vrydag 30 September op Friday Live het Darren 'n akoestiese weergawe van een van sy bekendste liedjies 'Hemel Op Tafelberg' gesing. 

Friday Live: Van Pletzen bring die Legehness met hulle optrede van 'Jy Bly Stil'

Die 'Dans Op Die Tafels'-sanger het ook Vrydag meer gedeel oor sy nuutste enkelsnit 'Wat My Pa Sou Sê'. 

"Almal is iemand se kind en om ‘n kind te wees is maar swaar. Jy is nuut in die wêreld. Jy weet nog niks. Dis hoekom as mens gelukkig genoeg is om ‘n Pa te hê jy na hom moet luister, want hy doen dit al ‘n bietjie langer as jy. Ha! As jy jonk is dink jy mos jou Pa verstaan nie. Tot jy self ‘n ouer word. Dan eers onthou jy wat jou Pa gesê het. En dat hy reg was! Kurt takel ‘n intieme saak hierso. Hy pypkan die manlike bravade van vaderlike verhoudings en gaan druk ‘n drie in jou emosionele zone. Dis die antipool van toksiese manlikheid. Op ‘n sokkie ritme met volkskitaar begeleiding gaan die lied heel waarskynlik ou wonde oop krap. Net om hulle uiteindelik te genees."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories