Geniet 'n Sondagpiekniek met die gewilde krulkopkomediant Schalk Bezuidenhout

Geniet 'n Sondagpiekniek met die gewilde krulkopkomediant Schalk Bezuidenhout

Die gewilde krulkopkomediant Schalk Bezuidenhout sal jou laat lag gedurende die luilekker Sondagpiekniek By Die Fort. Meer inligting hieronder. 

Schalk Bezuidenhout
Jacaranda FM
Kom geniet 'n luilekker, Sondagpiekniek van topklas musiek en komedie By Die Fort.

Musikant en liedjieskrywer Werner Bekker skop af, waarna vinnige vinger Loki Rothman, die gehoor gaan betower met sy musiek en sang. Dan is dit die legendariese Koos Kombuis. 

En laastens, maar nie die minste nie is dit tyd vir Suid-Afrika se geliefde krulkopkomediant, Schalk Bezuidenhout, wat sal sorg vir jokes wat jou sal laat skater sodat jy die gelag anderkant Midrand sal kan hoor.

Komediant en akteur Hannes Brümmer is die seremoniemeesteren en musikant Wesley van der Westhuizen maak ook 'n verskyning tydens die komedie.


Program:


10:00 - Hekke maak oop
11:00 - Werner Bekker
12:30 - Loki Rothman
14:00 - Koos Kombuis
15:30 - Schalk Bezuidenhout

Pak 'n piekniek mandjie en kom kuier saam, julle is welkom om jou eie sambreel, kampstoel of kombers te bring.

Fasiliteite Beskikbaar:

- Kontant kroeg
- Kos stalletjies
- Toilette
- ATM

Koop jou kaartjies hier.

Luister na 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae 06:00 - 09:00. Stroom die program regstreeks hier of kry ons mobiele app hier.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Jacaranda FM

Show's Stories