Joshua Na Die Reën deel opwindende nuwe musiek

Joshua Na Die Reën deel opwindende nuwe musiek

Suid-Afrikaanse sanger Joshua Na Die Reën se nuwe album is vanaf Vrydag, 13 Oktober 2023 aanlyn beskikbaar.

Joshua na die Reen new song
Jacaranda FM

Hy het dit weereens op sy eie outentieke manier kom doen. Vir ’n maand lank het Joshua Na Die Reën 'n reeks spesiale vertonings in Pretoria, Potchefstroom en Stellenbosch voor uitverkoopte gehore aangebied. Tydens hierdie konserte het hy al die liedjies vanaf sy nuwe album, 'Die Vallei', uitgevoer en terselfdertyd is sy eerste enkelsnit en musiekvideo, 'By My', op die radio uitgereik. 

Vandag, 13 Oktober 2023, tref sy tweede enkelsnit en video, iemand soos jy, radiostasies en digitale platforms landswyd en daarmee saam is sy nuwe album ook nou aanlyn beskikbaar.

Luister 'Iemand Soos Jy' hier:

Hierdie album, wat presies tien jaar ná een van die treffers wat sy loopbaan gemaak het 'Lig op die Horison' volg, bestaan uit 18 ongelooflike snitte en dit is so verwerk en saam verweef dat dit luisteraars gaan wegvoer op ’n emosionele avontuur van selfondersoek en vernuwing. 

KYK: Matthew Mole performs iconic ABBA hit on Friday Live

"Dit is soos 'n staproete deur 'n pragtige vallei. Aan die begin, soos wat jy afstap na onder, laat jy die gejaagdheid van jou besige lewe agter. Wanneer jy onder kom, is jou gedagtes skoon en oop en is jy in 'n meditatiewe fase, waarin jy kan selfondersoek doen en die mooi rondom jou raaksien en waardeer. Dan pak jy die terugtog na bo aan met nuwe moed en energie vir dit wat voorlê," sê Joshua. 

Dié album met sy uiteenlopende kombinasie van lekkerluister popklanke, rustiger meditatiewe snitte en selfs elemente van R&B en alternatiewe musiek gaan aanklank vind by 'n baie wye gehoor omdat dit 'n uiteenlopende kombinasie van musiek bevat. Dit sluit ook samewerkings met verskeie ander kunstenaars, waaronder Karlien van Jaarsveld en die Tuks Camarata-koor, in en is vervaardig deur Gideon Botes.    

"Ek het besef hoe meer jou musiek oor die radio speel, hoe meer luisteraars bereik jy. Dis tog hoekom jy kuns pleeg, sodat dit mense se lewens kan verander. Op sy mooi manier het Gideon gevat wat ek gebring het en dit omskep in iets waarop ek baie trots is. Ek sal graag in die toekoms weer saam met hom wil werk," voeg hy by.

'Iemand Soos Jy' wat van vandag af beskikbaar is ter viering van die album se bekendstelling is besonders.

EXCLUSIVE: Tshwane Mayor Cilliers Brink "will act with vicious resolve"

"Die liedjie is geskryf vir my jonger broer, Jean de Villiers, en sy vrou Anneh, net voordat hulle getroud is. Hy is ’n baie avontuurlustige wese wat daarvan hou om mense deel te maak van sy ekspedisies. So het hy, byvoorbeeld, ook sy vrou laat berg klim tot op die spesiale plek waar hy haar gevra het om met hom te trou. Hierdie popsnit gaan oor die wonder wat daarin lê om die lewe saam met iemand te spandeer wat daar is vir jou ongeag van wat gebeur – in hulle geval: 'As die lewe jou laat wonder, ek wil weet hoe die uithoeke van jou hart lyk. Nes jy saam met my berge klim, is ek daar vir jou'."

"Wat mense sal waardeer is dat daar geen toneelspel is in die video nie, omdat hulle nie eers geweet het dat ek beeldmateriaal van hulle gaan gebruik nie. Ek dink dit sê soveel van hulle verhouding... dis eg en inspirerend en sluit mooi aan by die liedjie. Dit was vir my ’n absolute voorreg om saam met my broer hieraan te kon werk."

Kyk die 'By My' video hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: iStock

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories