KYK: Angie Oeh laat die skare gons

KYK: Angie Oeh laat die skare gons

Suid-Afrikaanse rapper, Angie Oeh se eerste musiekvideo het Suid-Afrikaners behoorlik op hol! 

Angie Oeh
Angie Oeh Twitter/ Screenshot

'Big Booty Bitch' is die naam van Suid-Afrikaanse rapper, Angie Oeh se eerste enkelsnit saam met die musikant Van Pletzen.

Lees meer: 'Binnelanders' se Cindy Swanepoel en mede-akteur smoorverlief

Die 23-jarige rapper van Pretoria het nou haar heel eerste musiekvideo ook vrygestel vir haar liedjie 'Sex In Afrikaans' wat reeds in Mei beskikbaar was. 

Waarskuwing: Sterk taalgebruik

'Sex In Afrikaans' was ook die naam van Oeh se eerste debuutalbum. 

Angie Oeh, regte naam Angelique Greeff, beskryf haar musiekstyl as 'n kombinasie van hip-hop, rock 'n roll en popmusiek. 

Volgens Netwerk 24, is die rapper se doel om dit "normaal te maak vir meisies om oor ander meisies te sing en almal op die dansvloer te kry".

Lees meer: Afrikaans Is Groot is terug én hierdie keer groter as ooit!

Oeh het ook aan Netwerk 24 gesê dat alhoewel haar musiek vir sommige mense as vernederend tenoor vroue voorkom, voel sy haar musiek is eintlik 'n "ode aan vroue". 

Die rapper se tweede album word op 1 September vrygestel. 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories