KYK: 'Baie siek' sanger deel stryd op sosiale media

KYK: 'Baie siek' sanger deel stryd op sosiale media

Die sanger het onlangs sy stryd met aanhangers op sosiale media gedeel.

RUDIE CLAASE FACEBOOK
Facebook/ Skermgreep

Suid-Afrikaanse sanger Rudi Claase het onlangs sy gesondheidstryd met aanhangers op sosiale media gedeel.

In sy plasing op Facebook, skryf Claase dat hy lank genoeg stil gebly het oor sy "werklike mediese kondisie" en daarby het hy ook twee foto's van homself in die hospitaal gedeel.

Die skokkende foto's wys die erns van die sanger se toestand.

KYK: Dirk van der Westhuizen bewaarheid kankerpasiënt se droom

Op een foto is hy aan 'n ventilator gekoppel waar hy op sy rug lê met sy oë toe en op die ander is daar 'n asemhalingspypie in sy neus en sy hemp is opgetrek wat sy maag ontbloot is en 'n stomasak wys.

Kyk hier:

RUDI CLAASE HOSPITAAL 1
Facebook/ Rudi Claase
RUDI CLAASE HOSPITAAL 2
Facebook/ Rudi Claase

"Ek begin deur aan te kondig dat my reusagtige vertoning, 'Afrikaans Het Gees’, met die wonderlike vergunning van Moreleta Kerk verskuif word na Augustus 2025 (presiese datums sal binnekort verskyn). Ek is te siek en daar is te veel komplikasies om dit nou te doen," skryf Claase.

"Ek is stukkend!"

In sy plasing het hy ook genoem dat hy nie enige geneesheer, mediese praktisyn of eenheid wil nakom nie.

"Ek kom tot die besef dat niemand behalwe God ons kan dra deur hierdie dinge nie en my trane loop stromend as ek bloot dink aan hoe ek dokters vertrou het wie my nou soos 'n vreemdeling hanteer."

Claase het ook diegene wat om hom daarvan beskuldig het dat hy 'n "aandagvraat" is en moontlik op dwelms is aangespreek.

LEES: Ontmoet die 16 deelnemers van 'Plaasjapie' seisoen 2

"Hoeveel keer het mense my nou al 'n smartvraat genoem, nadat ek meer 90 dae lank in die hospitaal was, baie operasies ondergaan het en selfs vir weke onseker in 'n dreigende koma gelê het."

"Ek wys dus nou vir julle hoe ek gelyk het...laat dié wat my liefhet met reg sien, en dat dié wie my 'n aandagvraat noem, en beweer dat ek op dwelms is (Omdat my liggaam geen vedingswaarde inhou nie) kan waarneem hoe goed ek kan 'toneelspeel'."

Die sanger het wel ook sy aanhangers bedank vir al hulle onderstening en gebede tyden hierdie moeilike tyd.

"Julle...ek is so innig dankbaar vir elkeen wie vir my gebid het en steeds doen want ek is werklik BAIE siek."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories