KYK: Beer in dieretuin vermoedelik eintlik 'n mens

KYK: Beer in dieretuin vermoedelik eintlik 'n mens

'n Dieretuin in China het ontken dat een van hulle bere eintlik 'n mens in 'n kostuum is.

chinese sun bear
Twitter/ Screenshot

'n Dieretuin in die Ooste van China ontken bewerings dat sommige van hulle bere mense in kostuums is.

Díe aantuigings het begin na 'n video van 'n Maleisiese heuningbeer wat regop staan op sy skraal agterpote wyd oor die internet versprei is. 

KYK: Afrikaanse juffrou se unieke leerstyl laat die internet gons

Die mensagtige postuur van die beer sowel as die voue op die beer se agter kant het mense laat glo dat dit eintlik 'n mens in 'n goedkoop kostuum is.

In 'n verklaring wat deur die dieretuin, uit die perspektief van een van hulle Maleisiese heuningbere, uitgereik is sê dat mense nie die spesie verstaan nie. 

"Ek is Angela 'n sonbeer (Maleisiese heuningbeer) ek het gister 'n oproep van die hoof van die dieretuin ontvang wie gevra het of ek werk gemis het en 'n mens gekry het om my plek te vat."

"Kom ek herhaal aan almal dat ek 'n Maleisiese heuningbeer is. Nie 'n swartbeer nie, nie 'n hond nie, 'n Maleisiese heuningbeer."

KYK: Donnalee en Ivan deel lokprent vir senutergende riller

Talle internet-gebruikers op die Chinese-webtuiste, Weibo, het sterk gestaan dat dit 'n mens in 'n beerkostuum was en die video is reg oor die wêreld gedeel. 

Dit mag dalk verregaande klink, maar in 2013 het 'n dieretuin in die Henan provinsie 'n Tibetaanse Mastiff hond as 'n leeu aan besoekers voorgestel.

Tune in to the 'Breakfast with Martin Bester', weekdays from 06:00 - 09:00. Stream the show live here or download our mobile app here.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories