KYK: Bernice West en Jannes Erasmus is verloof!

KYK: Bernice West en Jannes Erasmus is verloof!

Bernice West en Jannes Erasmus het op 'n strand in Zanzibar verloof geraak!

Bernice West en Jannes Erasmus
Bernice West/ Instagram

Tydens 'n wegbreek na Zanzibar het die musikant Bernice West en skrywer Jannes Erasmus verloof geraak. Volgens Maroela Media, het die paartjie op 'n strand gelê tydens sonsondergang waar Erasmus "die groot vraag gevra het". 

LEES: Wikus Botma sing Phillip Phillips se 'Gone, gone, gone' op Friday Live

Die skrywer en akteur het gesê dat hy die oomblik so romanties as moontlik wou maak, maar vertel ook dat hy moes versigitg wees. "Hier besit die regering eintlik die strande en ek weet mens kan in hegtenis geneem word as jy so iets op die verkeerde plek doen," het hy aan Maroela Media gesê.  

Gelukkig het die verlowing glad verloop en díe twee kon die romantiese oomblik ten volle geniet. Albei het ook die prentjiemooi oomblik op hulle sosiale media platforms gedeel. 

KYK: Seun sing liedjie vir Blou Bul-ondersteuners

Op Instagram het die musikant haar opgewondenheid gedeel, sowel as foto's van haar ring. 

"Ek voel soos ‘n kind wat sukkel om te slaap die aand voor sy verjaarsdag, en ek moet nou te gereeld na my vinger kyk net om myself te herinner dat ek nie droom nie."

Kyk hier: 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories