KYK: Hollywood-ster Katy Perry praat Afrikaans

KYK: Hollywood-ster Katy Perry praat Afrikaans

Die Amerikaanse-popster, Katy Perry, het vroeër die jaar Afrikaans gepraat - nadat 'n Suid-Afrikaanse sanger van Centurion sy oudisie op 'American Idol' afgelê het. 

Katy Perry
Instagram/ Screenshot

Stefan Benz, 'n Suid-Afrikaanse sanger van Centurion het vroeër in 2023 sy verskying op die Amerikaanse weergawe van 'Idols' gemaak in die hoop om 'n gouekaartjie Hollywood toe te kry. 

Tydens sy oudisie het die 16-jarige 'n roerende weergawe van Brian McKnight se 'One Last Cry' gesing, wat hom 'n gouekaartjie direk na Hollywood gewaarborg het. 

Die 'American Idol' beoordelaar, Luke Bryan vir Benz gevra hoe om "you're going to Hollywood" in Afrikaans te sê. 

Die paneel beoordelaars, waarvan Katy Perry een is, het Benz se drome laat waar word toe hulle "jy gaan Hollywood toe" ten volle bors geskree het. 

In sy plasing op Instagram, het die Suid-Afrikaanse sanger geskryf dat hy nooit gedink het hy sou vir Katy Perry en Luke Bryan Afrikaans leer nie. 

Benz het sy musiekdebuut op Jacaranda FM se Jacaranda Day in 2017 gemaak en vandag is naam bekend onder van die grootste sterre, onder andere Jennifer Lopez, Avril Lavigne en Charlie Puth.

KYK: Viral sensation Stefan Benz: From Jacaranda Day stage to taking over the world!

Hier is die oorspronklike weergawe van die lied 'One Last Cry': 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Youtube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories