KYK: Jong seun laat SA gons met oulike dansie

KYK: Jong seun laat SA gons met oulike dansie

'n Jong seun het Suid-Afrika behoorlik laat gons na 'n video van hom wat op Bernice West se 'Lyfie' dans op sosiale media gedeel is.

Jong seun laat SA gons met oulike dansie
Instagram/ Screenshot

'n Oulike video van 'n jong seun wat sy hart uit dans het miljoene Suid-Afrikaners se harte laat roer na die video op sosiale media gedeel is. 


Kyk hier:

@karelolivier1 Die Here het my mooi gemaak #SAMA28 #hartandsoul #hartandsoul #dans #havingfun ♬ original sound - Karel Olivier

Breakfast with Martin Bester het met klein Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen oor sy oulike dansvideo. 

Die video van die seun wat in Khaki klere dans, is wyd oor alle sosiale media platforms versprei en selfs Suid-Afrikaanse bekendes soos Somizi het die video gedeel.  

KYK: 'Boer Soek 'n Vrou' se Willem en Sanel spog met babadogter

Terwyl al sy maats saam hom op Bernice West se 'Lyfie' gedans het, het 'Klein Kwagga', soos wat 'n Facebook-plasing hom noem, al die aandag getrek met sy eksentrieke danspassies. 

Tydens die vertoning kan die gehoor se gegons gehoor word terywl die jong seun sy heupe swaai, en woord-vir-woord die liedjie saam sing. 

KYK: Elandré sing van die grootste treffers op Friday Live

Die video is vermoedelik tydens 'n skoolkonsert afgeneem.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories