KYK: 'Klein Kwagga' laat dit wéér skud in nuwe musiekvideo

KYK: 'Klein Kwagga' laat dit wéér skud in nuwe musiekvideo

'Klein Kwagga' is terug in die kollig met sy nuwe musiekvideo vir Jan Jan Jan se enkelsnit 'Dans Kwagga'.

KLEIN KWAGGA JAN JAN JAN
YouTube/ Jan Jan Jan

Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen meer bekend as 'Klein Kwagga' het Suid-Afrika en die res van die wêreld behoorlik aan die gons gehad na 'n video van hom wat op Bernice West se 'Lyfie' dans op sosiale media gedeel was.

Die agt-jarige het oornag bekendheid vewerf en was op talle advertensies, radio- en televisieonderhoude en het selfs op 'The Kelly Clarkson Show' verskyn nadat die Amerikaanse popster sy video ontdek het. 

'Klein Kwagga' se nuuste verskyning is op die Suid-Afrikaanse groep Jan Jan Jan se nuwe musiekvideo vir hulle enkeklsnit 'Dans Kwagga'.

JAN JAN JAN EN KLEIN KWAGGA
Verskaf

Kyk hier:

Klein Kwagga ontmoet vir Kelly Clarkson

Die jong internetsensasie se beroemdheid het nie net in Suid-Afrika gestop nie. 

Die bekende Amerikaanse sanger en TV-aanbieder het ook die video gesien en vir Klein Kwagga op haar program 'The Kelly Clarkson Show' genooi. 

Dirkco en sy ma Mercia het met Clarkson gesels oor die video. Klein Kwagga het ook 'n $1000 ontvang van Pilot Pen.

@kellyclarksonshow All that for a piece of chocolate! 😆 #kwaggadance #dance #kids #kellyclarkson #southafrica ♬ original sound - Kelly Clarkson Show

'Klein Kwagga' ontmoet held Robbie Wessels

Om sy kuier op Breakfast with Martin Bester nog meer spesiaal te maak het een van sy helde, Robbie Wessels hom by die Jacaranda FM-ateljee kom verras. 

Kyk hier:

Van Nieuwenhuizen het ook die geleentheid gekry om saam die bekende sanger te dans.

@jacabreakfast Die trane het gerol toe @KleinKwagga sy held Robbie Wessels op Breakfast with @Martin Bester ontmoet het 😭 #JacaBreakfast #Fyp #Radio #KleinKwagga #Lyfie ♬ original sound - Breakfast with Martin Bester

Van Nieuwenhuizen het ook die geleentheid gekry om saam die bekende sanger te dans.

@jacabreakfast @KleinKwagga en Robbie Wessels het Mphe Di Hoenor gedans op Breakfast with Martin Bester 🥳 #JacaBreakfast #Dans #KleinKwagga #Lyfie #Musiek #Radio ♬ original sound - Breakfast with Martin Bester
Martin Bester gesels met klein Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen oor sy oulike dansvideo

Sy oulike dansie laat SA gons

Die video van 'Klein Kwagga' wat sy hart uit dans het miljoene Suid-Afrikaners se harte laat roer na die video op sosiale media gedeel is. 

Kyk hier:

@karelolivier1 Die Here het my mooi gemaak #SAMA28 #hartandsoul #hartandsoul #dans #havingfun ♬ original sound - DJ Angelo NZ

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: YouTube/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories