KYK: Klein Kwagga verskyn op 'The Kelly Clarkson Show'

KYK: Klein Kwagga verskyn op 'The Kelly Clarkson Show'

Klein Kwagga gaan van Suid-Afrika tot Hollywood!

KLEIN KWAGGA ALLEEN
Facebook/ Klein Kwagga

Klein Kwagga het in 2023 sy merk op Suid-Afrika gelos na sy dansvideo oornag die interntet oorgeneem het. 

Miljoene mense het Dirkco Jansen van Nieuwenhuizen se video waar hy op Bernice West se 'Lyfie' dans gesien en almal was dadelik versot op die oulike jong man.

Kyk hier:

@kleinkwagga1 Doen dit lyfie doen dit! @Bernice West #Dans #fun #show ♬ original sound - KleinKwagga
Klein Kwagga ontmoet vir Kelly Clarkson

Die jong internetsensasie se beroemdheid het nie net in Suid-Afrika gestop nie. 

Die bekende Amerikaanse sanger en TV-aanbieder het ook die video gesien en vir Klein Kwagga op haar program 'The Kelly Clarkson Show' genooi. 

Dirkco en sy ma Mercia het met Clarkson gesels oor die video. Klein Kwagga het ook 'n $1000 ontvang van Pilot Pen.

Kyk hier: 

@kellyclarksonshow All that for a piece of chocolate! 😆 #kwaggadance #dance #kids #kellyclarkson #southafrica ♬ original sound - Kelly Clarkson Show
'Klein Kwagga' ontmoet held Robbie Wessels

Om sy kuier op Breakfast with Martin Bester nog meer spesiaal te maak het een van sy helde, Robbie Wessels hom by die Jacaranda FM-ateljee kom verras. 

Kyk hier:

Van Nieuwenhuizen het ook die geleentheid gekry om saam die bekende sanger te dans.

@jacabreakfast @KleinKwagga en Robbie Wessels het Mphe Di Hoenor gedans op Breakfast with Martin Bester 🥳 #JacaBreakfast #Dans #KleinKwagga #Lyfie #Musiek #Radio ♬ original sound - Breakfast with Martin Bester

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Jacaranda FM

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories