KYK: Mej. Suid-Afrika Natasha Joubert is verloof!

KYK: Mej. Suid-Afrika Natasha Joubert is verloof!

Mej. Suid-Afrika 2023, Natasha Joubert, het Sondag die opwindende nuus dat sy verloof is gedeel. 

Natasha Joubert Verloof
Instagram/ Natasha Joubert/ bahamaburgundy_photo

Mej. Suid-Afrika 2023, Natasha Joubert, en haar kêrel, Enrico Vermaak, is al agt jaar 'n paartjie. 

Sondag, 25 Februarie, het die paartjie die nuus verklap dat hulle verloof is. 

"Ja vir vandag, môre en elke dag daarna. Ek en Enrico vier vandag agt jaar en vyf maande saam en die ewigheid wat kom. Sakkie, ek is lief vir jou! Ek gaan jou vroutjie word!" het Joubert op Instagram geskryf. 

"Kom ons trou!" het sy verder op Instagram geskryf. 

In 2023, het Joubert 'n eksklusiewe video gedeel van haar kêrel se reaksie op die oomblik toe sy gekroon was as Mej. Suid-Afrika. 

Joubert het tydens haar onderhoud met Breakfast with Martin Bester gesê dat Suid-Afrikaners moet weet dat sy nie "'n perfekte Mej Suid-Afrika" sal wees nie, maar eerder daarop sal fokus om mense te help om hul onvolmaakthede te omhels. 

"Ek wil hê hulle (meisies) moet na die jaar na my kyk en sê: omhels die onvolmaakthede."

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Natasha Joubert/ bahamaburgundy_photo

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories