KYK: Nóg 'n Bokbaba is op pad
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Nog 'n Springbok-speler gaan binnekort pa word…
Die Springbokke het duidelik net een ding op die brein gehad na die Rugbywêreldbeker...
Vanaf die Springbokke die Rugbywêreldbeker gewen het, het een-na-die-ander ook die opwindende nuus gedeel dat hulle klein pienkvoetjies verwag.
Eers het Springbok-slot Eben Etzebeth die goeie nuus op sosiale media gedeel.
EERSTE FOTO: Springbok Eben Etzebeth en vrou verwelkom baba
Daarna het Handré Pollard, Malcom Marx en selfs oud-springbok Herschel Jantjies aangekondig dat hulle ook pa's gaan word.
Die goeie nuus vir die Springbok-spelers het nie daar gestop nie, aangesien Willie le Roux laasjaar ook sy verlowing gevier het en Damian de Allende uiteindelik die knoop deur gehak het.
Nou verwag een van Suid-Afrika se mees geliefde spelers ook 'n baba.
Op 'n nuwe plasing op Instagram spog Miné de Klerk, die vrou van die geliefde krumskakel, Faf de Klerk, met haar babamagie tydens haar babatee vieringe.
"Ons vier hierdie pragtige mamma in wording," skryf die Bok Vincent Koch se vrou, Jandré, wie die foto's gedeel het.
"Jy is 'n kind van God, jy is wonderlik gemaak, jy is geliefd en kosbaar in Sy oë."
KYK: Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba
Volgens Netwerk 24 het die paartjie in Mei 2022 verloof geraak in Engeland en later daardie jaar, in Oktober, is hulle in Franschhoek getroud.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Heartwarming moment brothers meet after twenty years
It's the way they embraced one another that got us choked up.
The Workzone with Alex Jay 18 hours ago -
Three Mother's Day crafts you can do with the kids
In case you had a busy week and couldn't get a nice Mother's Day gift fo...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 18 hours ago