Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

Die glanspaartjie het in 2023 aangekondig dat hulle 'n baba verwag.

MARISE AND HANDRE POLLARD
Instagram/ Skermgreep

Springbok Handré Pollard en sy vrou, Marise, het na die afloop van die 2023 Rugbywêreldbeker die opwindende nuus gedeel dat hulle swanger is. 

KYK: Nóg 'n Springbok deel opwindende babanuus!

Die paartjie het op 'n sosiale media-plasing geskryf dat hulle hul eersteling in April 2024 verwag.

Marise en Pollard het prentjiemooi foto's op Instagram gedeel om die nuus aan te kondig. 

Op 'n nuwe Instagram-plasing het die Springbok-ster se vrou verklap dat daar 'n klein Handrétjie op pad is.

Volgens Netwerk 24 het Marise Pollard oor die afglope naweek haar babatee by die wynplaas Brookdale Estate buite Paarl gehou.

KYK: Siya Kolisi leaves heartwarming message for MMA star Dricus du Plessis

Die 29-jarige het Sondag 'n foto van haar babatee gedeel en daarby geskryf: "'n Dag gevul met soveel liefde vir ons BABASEUN".

"Ons is ontsettend dankbaar dat ons ons main squeeze saam met van ons gunstelingmense kon vier," skryf sy. 

"Dankie aan almal wat dit 'n onvergeetlike dag van feesviering en liefde gemaak het!"

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories