KYK: Rugby-ster en TikTok-persoonlikheid verloof

KYK: Rugby-ster en TikTok-persoonlikheid verloof

Die glanspaartjie het hul verlowing op sosiale media aangekondig.

NASTASSJA RAS EN JACO KRIEL VERLOOF
Facebook/ Nastassja Ras

As jy op sosiale media blaai en die woorde "Albert", gevolg deur 'n een-van-sy-soort lag hoor, kan dit net een persoon wees - Natsassja Ras.

Ras is veral bekend vir haar satiriese 'domblond'-video's op sosiale media saam met Albert Bredenhann.

Sommige mense sal ook weet dat sy in ’n verhouding is met die oud-Springbok Jaco Kriel.

In 'n plasing op Facebook, Dinsdag 24 Junie, het die glanspaartjie aangekondig dat hulle hul verhouding na die volgende vlak toe neem.

KYK: Bekende 'My f*k, Marelize'-video word 'n film

Ras het prentjiemooi foto's, wat tydens 'n sonsondergang in Santorini, Griekeland geneem is, gedeel en daarmee aangekondig dat sy en die rugby-ster verloof is.

"Ek het op ons balkon gestaan in Santorini — wit mure, blou koepels, sonsondergang in die agtergrond, en ek... besig met 'n dramatiese fotosessie soos net ek kan. Hy het net vir my gestaan en lag — soos altyd, oor ek weer eens 100 foto's van dieselfde hoek neem," het sy geskryf.

Die sosiale media-ster het toe uiteindelik haar ander helfte gevra om 'n foto saam met haar te neem. Hy het ingestem en haar self gevra om die foon se kamera aan te sit.

"Ek het nie vrae gevra nie — ek was net verbaas dat hy uiteindelik kamera-vriendelik raak," het sy verder geskryf.

KYK: Irene-Louise van Wyk sing Adele-treffer

"En toe… gaan hy op een knie."

"Met die see agter ons, die son wat die wêreld in goud verf, en ek wat skielik kyk na 'n ring en 'n man wat my vra om vir altyd syne te wees."

Kyk hier:

"In daardie oomblik het tyd stilgestaan. Santorini was nie net mooi nie — dit was magical. En ek? Ek was in 'n droom wat waar geword het.

"Van 'pose' tot 'propose' — en ek het voluit 'ja' gesê vir die een wat my hart al lankal sy huis noem."

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Nastassja Ras

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories