KYK: Talle sing vir Bokke uit volle bors op vlug

KYK: Talle sing vir Bokke uit volle bors op vlug

Sosiale media is tans oorlaai met video's van Suid-Afrika se emosionale ondersteuning vir die Springbokke tydens die Wêreldbeker-rugbytoernooi.

Talle sing volle bors vir Bokke op vlug
X/ Screenshot

Passasiers op 'n FlySafair vlug het hulle ondersteuning aan die bokke bewys deur uit volle bors die volkslied op 'n vlug te sing.

FlySafair, die amptelike lugdiens vir die Springbokke, het passasiers gevra om op seker vlugte 'Nkosi Sikelel' iAfrika' te sing ter ondersteuning van die Springbokke.

KYK: Mej. Wêreld Rolene Strauss verklap groot nuus!

Die video's word tans wyd oor sosiale media versprei.

Kyk hier:

Volgens Netwerk24, is die video's deel van die lugdiens se #PlaneCrazyForOurBoks-veldtog van die afgelope paar weke.

Die plan om die volkslied in die lug te sing kom van een van hul passasiers ná verlede week se naelbyt-wedstryd teen die Franse. 

"Die bestuurspan was dadelik gek oor die plan, en ons het die bal gevang en daarmee gehardloop," het Maryke Pienaar, bemarkingshoof van FlySafair gesê.

LEES: Só werk nuwe kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug'

Behalwe vir Suid-Afrika se ondersteuning vir die Springbokke was daar ook talle video's van mense se reaksies tydens die Wêreledbeker-halfeindronde tussen die Springbokke en Engeland.

Kyk hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: X/ Skermgreep

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories