LUISTER: Karlien van Jaarsveld se dogter ‘ernstig siek’ in hospitaal
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Karlien van Jaarsveld moes laat Vrydagmiddag twee optredes kanselleer nadat haar dogter ernstig siek geword het.

Vroeër vanjaar - op 15 Junie - het Karlien van Jaarsveld met Martin Bester gedeel dat haar lewe drasties verander het na haar dogter, Elah, met 'n kritieke toestand gediagnoseer is. Elah se gesondheid was vir haar en hul gesin ’n groot prioriteit.
LEES OOK: Karlien van Jaarsveld grateful for everyone's prayers for her daughter
Die 'Geskeurde Jeans' sanger het ook gesê dat ‘al wat sy kan doen, is om op God te vertrou." Sy het aan Martin Bester ook genoem dat sy al die gebede vir haar en haar familie baie waardeer.
Karlien het egter gesê sy kan haar dogter se toestand nie publiek maak nie, maar sy waardeer almal se gebede.
Luister na die volledige onderhoud op Breakfast with Martin Bester hier:
See maande later, so paar dae na Kersfees, maak van Jaarsveld ’n ernstige Instagram inskrywing oor Elah wat in die hospitaal opgeneem is.
Dit lui; ”Hallo almal. My hart is bitter seer. Elah is ernstig siek en is opgeneem in die hospitaal. Ek is regtig so jammer dat ek vanaand se show in Stilbaai en ook Langebaan en Heroldsbaai moet kanselleer. Ek hoop julle sal verstaan dat my eerste prioriteit altyd my kinders sal wees en dat dit enigste rede is waarom ek hierdie shows kanselleer."
"Ek moet by haar wees. Vergewe my asb. Ek vra omverskoning aan elkeen wat 'n kaartjie gekoop het en ek vra ook nederig verskoning vir die organiseerders vir die ongerief. Ek sal opmaak hiervoor, maar vir nou wil ek net by my dogtertjie uitkom. Baie liefde. Karlien. x"

Show's Stories
-
Why you should always secure your child before driving
Do you travel in your vehicle without buckling your child into a safety ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 37 minutes ago -
Should nursery rhymes come with a trigger warning?
We can understand how we need to be cautious of what we expose our kids ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 54 minutes ago