"Ek het al die gate toegemaak wat ek kon" - Die slang storie vlieg verder

"Ek het al die gate toegemaak wat ek kon" - Die slang storie vlieg verder

Rudolf Erasmus, ‘n vlieënier van Mbombela, moes ‘n noodlanding maak na hy ‘n slang op ‘n vlug van Worcester na Mbombela ontdek het.

Plane with snake
Facebook - Brian Emmenis

Rudolf Erasmus het passasiers vanaf Worcester tot Mbombela geneem toe hy ‘n slang, wat oogetuies sê ‘n Kaapse kobra was, op die vlug gesien het. 

Martin Bester het weer Rudolf Erasmus opgevolg na hy terug Mbombela toe moes vlieg.

Erasmus het afgekyk toe hy iets teen sy heup gevoel het tydens die vlug.

“Toe ek afkyk toe sien ek die kop van die slang,” het hy aan Martin Bester gesê. 

Rudolf Erasmus
Facebook - Rudolf Erasmus (Regs)

“Na ek die slang gesien het, het hy onder die sitplek ingesyl en ek kon hom nie sien nie.”

WATCH: Aeroplane propeller stops working mid-air

Na die kommerwekkende ontdeking moes die Mbombela vlieënier ‘n noodlanding doen.

“Ek het met Johannesburg gekommunikeer en gesê dat ek in Welkom gaan land.” 

Volgens, Erasmus het almal baie rustig gebly tydens die situasie wat “dinge baie beter gemaak het”. 

EXCLUSIVE: Derek Watts gives update on life-threatening sepsis diagnosis

Erasmus het ook vertel dat dit ‘n baie klein vliegtuig is, maar selfs na ‘n tweedag soektog, toe hulle in Welkom aankom, kon hulle nie die slang kry nie. 

Op Woensdag het Erasmus ‘n vlug vanaf Welkom terug na Mbombela gedoen, alhoewel die slang nooit gevind is nie.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER BY JACARANDA FM


Show's Stories