Jacaranda FM help Middelburg-man wat deur krokodil aangeval is

Jacaranda FM help Middelburg-man wat deur krokodil aangeval is

Breakfast with Martin Bester en Good Morning Angels het vir Anthony Joubert van Middelburg gehelp nadat hy deur krokodil 'n aangeval is. 

ANTHONY JOUBERT
TikTok/ Screenshot

Anthony Joubert, 'n man van Middelburg moes onlangs om die lewe veg om homself te bevry na 'n krokodil hom aangeval het tydens 'n visvang uitstappie op 'n privaat plaas. 

Na 'n berig van die Middelburg Observer die storie bekend gemaak het, het Martin Bester besluit om met Joubert te praat oor die gru-insident.

Volgens Joubert, kan hy onthou dat sy seun JP (12) vir hom kom sê het dat sy vislyn in 'n boom, wat se takke in die dam hang, vasgesit het na hy 'n vis gevang het.

Natuurlik het die man sy seun gaan help en dis toe die krokodil hom aangeval het.

KYK: Patricia Lewis deel pragtige familiefoto met man en seun

"Die oomblik toe ek in die water trap, het die krokodil my van die kant af gegryp. Ek het nie geweet wat om te doen nie, want hy het my gegryp en my begin rol."

Die krokodil was omtrent 3,5 meter lank en het die man aan sy bobeen beet gekry. 

"Ek het so bietjie baklei, maar my vrou het hom ook met 'n stomp begin slaan en uiteindelik het die krokodil laat gaan". 

Joubert se vrou Annalize het ook vir Martin Bester vertel dat haar man baie hard terug baklei het, maar sy het geweet sy moet ook help. 

Gelukkig was haar kinders JP (12), Liza (10) en Ashleigh (6), redelik vêr van die krokodil af, maar hulle het steeds baie groot geskrik.

KYK: Bok Faf de Klerk word pa! 

Anthony is tans by Life Midmed hospitaal in Middelbrug vir behandeling en alhoewel die aanval baie traumaties was vir hom en sy familie sê hy dat hy baie gelukkig is om nog hier te wees. 

Martin Bester het ook vanaf die Good Morning Angels vir Joubert R20,000 vir sy mediese onkostes.  

Versoek vir: Anthony Joubert

Versoek van: Breakfast with Martin Bester

Angel: Good Morning Angels-fonds

Borg: R20,000 vir medieste onkostes

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Verskaf

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories