'Verlief en Verlore': Mila Guy en Bennie Fourie deel pragtige wittebroodfoto's

'Verlief en Verlore': Mila Guy en Bennie Fourie deel pragtige wittebroodfoto's

Die bekende paartjie het vroeër díe jaar die knoop deurgehaak met 'n sprokiestroue in die Kaap. 

Mila en Bennie
Instagram/ Screenshot

Die akteurs-paartjie Bennie Fourie en Mila Guy het in April vanjaar hulle sprokiestroue saam talle ander bekendes gevier.

Guy het op Instagram die eerste foto's van hulle gelukkige dag begin deel met 'n kiekie van haar en haar man wat langs 'n kar staan waarop die woorde "Just Married" geskryf is. 

KYK: "Charlize Theron kan my kom opf*k," sê joernalis

Met dit wat al gedeel is op sosiale media lyk dit asof dit werklik 'n fees was met baie gedansery, gaste wat in "glamping" tente slaap en Mila het selfs 'n paar sonbrille gedra wat die #FourieFees "tag" opgehad het.

Na hulle glans troue het die paartjie besluit om hulle wittebrood ook een vir die boeke te maak. 

Die 'Binnelanders'-aktrise het aanhangers ingelig gehou oor die verwikkelinge van hulle wittebrood deur foto'- op haar sosiale media te deel.

KYK: Hollywood-ster dra Gert-Johan Coetzee rok op rooitapyt

Mila en Bennie se avontuurlustige-wittebrood het in Spanje begin waar hulle foto's gedeel het vanuit Madrid, Barcelona, Peñíscola, Valencia, Granada, Sevilla en Mallorca.

Tydens die paartjie se volgende stop het hulle ‘n oulike kortfilm, 'Lost In Porto' vanuit Portugal gedeel met die onderskrif 'Verlief en Verlore in Porto'.

Kyk hier:

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories