Refentse deel pragtige foto van eersteling vir Moedersdag
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Sanger Refentse het hierdie Moedersdag gevier deur 'n foto van sy pragtige gesin op sosiale media te deel.

Op Sondag, 11 Mei, het die wêreld al die wonderlike vroue wat mamma's is vereer vir hul harde werk, onvoorwaardelike liefde en toewyding.
Vir baie mans was Moedersdag ook 'n dag om hul vrouens te bedank vir die besonderse ma's wat hulle is.
Die Suid-Afrikaanse sanger Refentse het hierdie spesiale dag gebruik om 'n rare foto van sy ander helfte, Tané Joubert, en hul eerste bondeltjie liefde op sosiale media te deel.
KYK: Altus Theart sing The Weeknd se 'Blinding Lights'
Die 'Reisiger'-sanger het 'n pragtige foto van homself en Tané, waar hulle hul eersteling met bewondering vashou, op Instagram gedeel.
"Gelukkige Moedersdag," het hy saam met die plasing geskryf.
Kyk hier:
Die plasing het talle gelukwense van aanhangers en ander bekendes ontvang.
Tané het reeds op 12 September 2024 aangekondig dat sy en Refentse hul eersteling verwag, nadat sy sonarfoto's op Instagram gedeel het.
"Ek kon nie 'n beter persoon gekies het om hierdie avontuur saam aan te pak nie. Jy is die son, maan en sterre. Dankie vir die liefde," het Refentse op die plasing geskryf."
Sy het ook talle foto's van haar swangerskap, sowel as oulike foto's ná hul bondeltjie liefde se geboorte, op sosiale media gedeel.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Instagram/ Refentse
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
A key reason to always keep your passport away from the kids
Moms, you've got to love a special surprise from your kids now and then,...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
McDonald's staff celebrate their graduate co-worker
Seeing people celebrate each other in the work environment is the best w...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago