KYK: Ruhan du Toit laat trane rol met 'Kinders van die Wind'
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Die Suid-Afrikaanse-kunstenaar Ruhan du Toit het sy weergawe van die legendariese Afrikaanse-liedjie 'Kinders Van Die Wind opgetree.

In 2025 vier ons Afrikaans se 100ste jaar as 'n amptelike taal in Suid-Afrika.
Ruhan du Toit wou hierdie ongelooflike mylpaal vir sy moedertaal vier – en hoe beter as met 'n legendariese Afrikaanse-liedjie?
KYK: Charlize Berg slaan asems weg met 'Take On Me'
Du Toit het op Vrydag, 7 Maart, sy weergawe van Laurika Rauch se ikoniese 'Kinders Van Die Wind' opgevoer.
Kyk hier:
Nie net het die 'Monumentaal'-sanger gewys dat hy een van die beste stemme in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf het nie, maar ook dat hy weet hoe om die gevoel van ‘n liedjie vas te vang.
KYK: Ampie sing bekende The Calling-liedjie op Friday Live
Sy weergawe van die legendariese liedjie het die hele 'Breakfast with Martin Bester'-span in trane gehad.
Met sy sterk, growwe klank, wat terselfdertyd soveel emosie vasvang, het dit geklink asof die liedjie net vir hom bedoel is.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
FOTO: Jacaranda FM
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Elderly couple dancing at the 'clurb' gets people talking
People admired the couple's dance moves, and their matching outfits. Thi...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
Woman earns around R120k selling weird things online
"I got paid £600 (R14,500) for two sets of toenail clippings."
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago