SA aktrise Diaan Lawrenson vang graad op 44

SA aktrise Diaan Lawrenson vang graad op 44

Die bekende aktrise, Diaan Lawrenson, het onlangs ‘n video van haar gradeplegtigheid gedeel.

Diaan Lawrenson
Facebook/ Screenshot

Diaan Lawrenson, meer bekend as ‘Paula’ onder Suid-Afrikaanse huishoudings, het onlangs gedeel dat sy graad gevang het.

In ’n plasing op Instagram het sy ‘n video van haar gradeplegtigheid gedeel. 

Lawrenson het onder die plasing geskryf, “Ek het gister Cum Laude gegradueer. Hoe spesiaal dat ‘n vriend en mentor my MFA kan oorhandig.” 

KYK: SA sangers raak emosioneel in Theuns Jordaan huldeblyk

Volgens haar plasing het die aktrise haar MFA of eerder Master of Fine Arts ontvang en cum laude geslaag.

Die ‘7 de Laan’- aktrise is tans die dekaan by AFDA filmskool se Kaapstad kampus. 

Lawerson het in 2016 by die filmskool aangesluit waarna sy in 2019 as dekaan aangewys is.

LUISTER: Tasché Burger stel nuwe enkelsnit vry

Sy is ook veral bekend vir haar rol as 'Paula van der Lecq' in die Afrikaanse-sepie '7de Laan', 'Chadrie Snyman' in die film 'Semi Soet' en haar mees onlangse rol as 'Anet Ludik' in Netflix se eerste Afrikaanse-reeks 'Ludik'. 

Vandag is sy een van die gewildste name in die Suid-Afrikaanse TV-bedryf met talle toekennings agter haar naam.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories