Sanger Juan Boucher verklap geslag van nuwe baba
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Sanger Juan Boucher en sy vrou Shamodene het onlangs die geslag van hulle tweede baba bekend gemaak.

"Liefste klein seuntjie boud," het die bekende sanger Juan Boucher op sy nuutste Instagram-plasing geskryf saam 'n pragtige familiefoto van pappa, mamma en hulle eerste kind, Novah.
KYK: 'Ek is bang' - SA musikant deel fase vier longkanker diagnose
In die foto spog Shamodene, wat volgens Netwerk24, 18 weke swanger is, ook met haar bababoep voor 'n prentjiemooi sonsondergang.
"Ons kan nie wag om jou te ontmoet nie. Ons het jou klaar so so lief," het die paartjie geskryf.
Juan en Shamodene se eersteling, Novah, het in Februarie haar eerste verjaarsdag gevier.
'n Boodskap van hoop: 'Kwêla' konding Dorp van die Jaar 2023 aan
"My liefie Novah. Waar begin mamma ooit? Jy is 1 volle jaar oud vandag. Baie baie geluk met jou verjaarsdag my lyf. Jy is 'n droomkind, en ons is bitter trots op jou," het Shamodene op sosiale media geksryf.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MORE FROM JACARANDA FM
Show's Stories
-
Nightmare at the museum as tourist breaks Van Gogh chair
The cardinal rule when visiting museums is not to touch anything...This ...
The Workzone with Alex Jay 14 minutes ago -
Narcissists we love: Partners, parents and the pain
"Narcissism at home is often modelled by the parent."
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 hours ago