‘Soveel vrae! Hoe is dit moontlik Here?’ – pleit Karlien van Jaarsveld

‘Soveel vrae! Hoe is dit moontlik Here?’ – pleit Karlien van Jaarsveld

Karlien van Jaarsveld het hierdie naweek oogemaak oor dogter se ‘toestand’.

Karlien van Jaarsveld and Elah hands
Karlien van Jaarsveld and Elah hands/Facebook

Karlien van Jaarsveld het verduidelik aan haar Facebook en Instagram volgelinge dat die langverwagte operasie waarna sy en haar man gewag het vir Elah om te ondergaan het wel gebeur.

Haar dogter het ‘n ‘toestand’ genaamd, portal thrombosis en hypertension.

Karlien verduidelik in haar inskrywing dat dit ‘n baie rare geval by kinders is.

Van Jaarsveld verduidelik verder, ‘Ek dink nie my geloof was al ooit so getoets soos in hierdie laaste paar dae nie, om te sien hoe dinge van sleg na slegter gaan en dan steeds te vertrou dat God nog dieselfde is as gister, nogsteeds goed, nogsteeds IN die situasie is, dat Hy nie nou iewers heen verdwyn het of gaan wegkruip het nie, maar steeds langs my sit op hierdie steek-gebergte in die Suide, en my babatjie diep in Sy binne-vlerk bêre.’

Karlien van Jaarsveld Facebook een
Karien van Jaarsveld/ Facebook inskrywing

READ: Karlien van Jaarsveld grateful for everyone's prayers for her daughter

‘Elah was 17:30 in teater in, die verwagte teater tyd is 4 ure. 20:00 stap die Dr in by die pediatriese saal, glad nie waar ons hom verwag nie, want ons kry hom by die teater wanneer hy klaar gewerk is op Elah? Ons hardloop hom tegemoet, bang, opgewonde... Hy sê ‘she’s fine, but I couldn’t do anything for her.’

Karlien van Jaarsveld Facebook inskrywing twee
Karlien van Jaarsveld/Facebook inskrywing

Show's Stories