Steve Hofmeyr beboet met R100 000 vir uitlatings oor LGBTQIA+-gemeenskap

Steve Hofmeyr beboet met R100 000 vir uitlatings oor LGBTQIA+-gemeenskap

Die Suid-Afrikaanse sanger het onlangs om verskoning gevra oor uitlatings wat hy oor die LGBTQIA+-gemeenskap op sosiale media gemaak het.

SAHRC approaches Equality Court over Steve Hofmeyr’s LGBTQI+ remarks
Facebook: Steve Hofmeyr

Suid-Afrikaanse musikant, Steve Hofmeyr, moet R100 000 aan ‘n LGBTQAI+-organisasie betaal nadat die 'Pampoen'- sanger kontroversiële uitlatings oor die queer-gemeenskap gemaak het.

Díe skikking is Maandag in die Gelykheidshof in Gqeberha gemaak na die Menseregtekommissie (MRK) en OUT, 'n geregistreerde NPO wat fokus op die menseregte van die LGBTQIA+-gemeenskap, Hofmeyr hof toe gesleep het oor sy uitlatings.

LEES: Steve Hofmeyr says sorry for LGBTQ+ remarks to settle SAHRC probe

In April 2022, het die sanger 'n video op Facebook geplaas waar hy Walt Disney se plan om groter inklusiwiteit in terme van seksualitieit op hulle platforms in te sluit gekritiseer het.

  

Hy het verder beweer dat die LGBTQIA+-gemeenskap bestialitiet (seks met diere) insluit.

"Waar my generasie geleer het om met muise, eende en honde te praat, gaan ons kinders geleer word hoe om met muise, eende en honde seks te hê," het hy in ‘n plasing op sosiale media geskryf.

VIDEO: Mej. SA Melinda Bam se man spog nou met eie 'babamagie'

Volgens Jacaranda FM News, het OUT 'n klag by die MRK gelê wat gelei het na ‘n ondersoek.

Hofmeyr het Saterdag op sy Facebook-blad laatweet dat die saak afgehandel is nadat hy om verskoning gevra het vir sy uitlatings van April 2022. 

Behalwe vir die verskoning, wat hy reeds gevra het, het die skikking ook gevind dat Hofmeyer R100 000 aan OUT moet betaal.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories