Transgender vrou as Mej. Nederland aangekondig
Updated | By Etienne Bruwer
Rikkie Valerie Kollé is die eerste transgender vrou om hierdie titel te wen.

Rikkie Valerie Kollé is hierdie naweek as Mej. Nederland aangewys en is die eerste transgender vrou om hierdie titel te wen.
Volgens AFP, sal Kollé, wat Saterdag gekroon is, ook later vanjaar Nederland by die Mej. Heelal-kompetisie in El Salvador verteenwoordig.
KYK: '7de Laan' se 'Bart' vier nuwe musiek op Breakfast with Martin Bester
Die 22-jarige model wat deur haar voorganger, Ona Moody, gekroon is het die prestasie op sosiale media ook gevier.
"Ek het dit gedoen," het sy geskryf. "Ja, ek is trans en ek wil my storie vertel, maar ek is ook Rikkie en dit is wat vir my saak maak."
Alhoewel sy die eerste trans Mej. Nederland is, sal Kollé nie die eerste transgender vrou wees om vir die Mej. Heelal-kroon mee te ding nie.
Angela Ponce was die eerste transgender deelnemer toe sy in 2018 Spanje by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig het.
Volgens Netwerk 24, is Kollé van Breda in die suide van Nederland afkomstig.
LEES: Pa van oorlede Garsfontein-tiener skryf gedig aan sy "sonskyn" dogter
Die model, akteur en nou Mej. Nederland het op Instagram gesê dat sy beoog om "'n stem en rolmodel vir ander te wees".
"Ek weet beter as enigeiemand hoe dit voel om alleen te wees."
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
How to cook butter chicken without butter
Is it possible to still make a delicious version of this Indian dish wit...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
LOOK: R1 billion Cape Town hotel set to be completed in 2026
The 'super luxury' hotel is one of the most expensive hotels built in So...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago