Pa van oorlede Garsfontein-tiener skryf gedig aan sy "sonskyn" dogter

Pa van oorlede Garsfontein-tiener skryf gedig aan sy "sonskyn" dogter

Gustav Kühn, pa van oorlede Mia Kühn, het 'n emosionele gedig aan sy dogter op Facebook gedeel.

Mia en Gustav Kuhn
Facebook/ Screenshot

Die liggaam van die Graad 10-leerder van Hoërskool Garsfontein in Pretoria is Dinsdag op die skool se rugbyvelde gevind. 

Volgens Jacaranda FM News, het 'n sekuriteitsbeampte van Hoërskool Garsfontein die sestien-jarige Mia Kühn se liggaam op die veld ontdek.

MEER HIER: Body of grade 10 pupil found on Hoërskool Garsfontein rugby field

Die Departement van Onderwys in Gauteng het ook bevestig dat Kühn aan onnatuurlike oorsake gesterf het. 

Die departement het die leerder se naam bekend gemaak na haar ouers haar by die plaaslike polisiestasie as vermis aangegee het.

Jacaranda FM News berig dat Kühn se ma haar middernag Maandag aand vir die laaste keer lewend gesien het. 

MEER HIER: Chiloane hopeful of CCTV answers in Hӧerskool Garsfontein tragedy

Beide ma en dogter het gaan slaap en toe Mia se ma haar Dinsdag oggend in haar kamer gaan soek het, was sy weg. 

Gustav Kühn, die pa van die oorlede tiener het Woensdag ‘n emosionele gedig op sy Facebook-blad gedeel wat hy aan sy dogter geskryf het. 

Lees die gedig hier:

Kustav Kuhn facebook
Facebook/ Screenshot

Mia se skool het ook Woensdag hulle medelye met die Kühn-familie en hulle geliefdes gedeel.

Ons harte gaan uit aan die Kühn-gesin en al Mia se vriende en familie.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories