'What a miracle it will always be' - Karlien van Jaarsveld deel bababoep

'What a miracle it will always be' - Karlien van Jaarsveld deel bababoep

Dit is vir seker die mooiste foto wat Karlien van Jaarsveld Donderdag met haar volgelinge gedeel het!

Karlien van Jaarsveld bababoep
Karlien van Jaarsveld in 2017 / Facebook.

Karlien van Jaarsveld het Donderdag ’n foto gedeel van haar wat sy oorspronklik eers in 2017 op Instagram geplaas het.

Van Jaarsveld verduidelik dat sy haar dogter, Elah se lewe wil dokumenteer en die foto opgespoor het.

Sy se swangerskap sal altyd ’n wonderwerk wees.

Van Jaarsveld het ’n strawwe 2019 sover gehad met Elah wat in die hospitaal was. Die 'Rooilipsoene'-sanger se lewe het drasties verander nadat haar dogter met portal thrombosis en hypertension gediagnoseer is.

Van Jaarsveld skryf in 'n Facebook-inskrywing wat sy vroeg in Februarie geplaas het; ‘Ek dink nie my geloof was al ooit so getoets soos in hierdie laaste paar dae nie, om te sien hoe dinge van sleg na slegter gaan en dan steeds te vertrou dat God nog dieselfde is as gister, nogsteeds goed, nogsteeds IN die situasie is, dat Hy nie nou iewers heen verdwyn het of gaan wegkruip het nie, maar steeds langs my sit op hierdie steek-gebergte in die Suide, en my babatjie diep in Sy binne-vlerk bêre.’

Show's Stories