Wie was jou gunsteling '7de Laan'-karakter?

Wie was jou gunsteling '7de Laan'-karakter?

Breakfast with Martin Bester het besluit om hulle gunsteling-karakters van die ikoniese sepie te deel.  

Madel en Sandra
Verskaf

Weeksaande voor die televisie sal vir duisende Suid-Afrikaners glad nie meer dieselfde wees wanneer die ikoniese sepie '7de Laan' in Desember tot 'n einde kom nie.

In 'n gesamentlike verklaring Maandagmiddag het die SABC en Danie Odendaal-produksies aangekondig dat die gewilde sepie na 23 jaar tot 'n einde sal kom. 

KYK: Donnalee en Ivan deel lokprent vir senutergende riller

'7de Laan' word sedert 4 April 2000 op SABC2 uitgesaai. "Die sepie het beslis 'n bydrae gelewer om Suid-Afrikaners te help met die oorgang na 'n demokratiese staat en het kwessies soos interrassige en homoseksuele verhoudings aangeraak.

"Oor die jare het dit ook talle maatskaplike euwels belig, insluitende geslagsgeweld, dwelmverslawing, ontvoering en mensehandel.

"Baie Suid-Afrikaners het ook Afrikaans leer praat deur na die taal op '7de Laan' te luister en die Engelse onderskrifte te lees," lui die verklaring. 

Vir jare het '7 de Laan' genot en vermaak na talle huishoudings in Suid-Afrika gebring.

KYK: '7de Laan' se 'Bart' vier nuwe musiek op Breakfast with Martin Bester

Die storielyne was grypend, maar dit was werklik die herkenbare, veelsydige en soms eksentrieke karakters wat ons werklik aan ons televisies vasgenael het.

Volgens Martin Bester, het hy nog nie "'n sekonde van '7de Laan' gekyk nie". Hy het wel luisteraars gevra om hulle gunsteling karakters van die gewilde sepie te deel. 

1. Sandra Theron-Stutterheim
Helene Lombard
Jacaranda FM
2. 'Oubaas' Septimus van Zyl
image never have i ever oubaas
3. Aggie Ngwenya
Aggie/ Nobuhle Mimi Mahlasela
Facebook/ Screenshot
4. Paula van der Lecq-de Bruyn
Diaan Lawrenson
Facebook/ Screenshot
5. Madel Terreblanche
Wilna Snyman
Facebook/ Screenshot
6. Hilda van Zyl 
Annelisa Weiland
Twitter/ 7de Laan
7. Charmaine Meintjies
Charmaine
Jacaranda FM
8. Bart Kruger
Neil Sandilands
Facebook/ Neil Sandilands
9. Dezi Terreblanche
Dezi/ Elma Postma
Facebook/ Screenshot
10. Maria Zibula
Veteran actor Themsie Times dies
supplied

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories