EKSKLUSIEF: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd deel meer oor #RHOWL

EKSKLUSIEF: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd deel meer oor #RHOWL

Die eerste Bruin Mej. Suid-Afrika, Amy Kleinhans-Curd, het onlangs haar debuut gemaak op die nuutste seisoen van die 'Real Housewives'-reeks en het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie kom gesels oor haar ervaring op die realiteitsprogram.

Former Miss SA Amy Kleinhans-Curd talks all things RHOWL
Verskaf

Amy Kleinhans-Curd is 'n vrou wat nie wag vir dinge om te gebeur nie, sy laat hulle gebeur!

LISTEN: 'Binnelanders' actor Clint Brink opens up about being a new dad

Van die Mej. Suid-Afrika kroon vat in 1992 tot haar eie besighede begin, sy is aan die gang en laat nie op haar wag nie.

Sy is ook nou deel van die kykNET-realiteitsprogram die 'Real Housewives van die Wynlande' waar sy kykers 'n kans gee om te sien hoe haar allerdaagse lewe lyk.

LEES: 'KoppieTeeFontein' met Jak de Priester keer terug na kykNET

Alhoewel Rozanne McKenzie al die voorreg gehad het om met Amy te gesels, het ons besluit ons wil meer weet, so ons het haar genooi om by ons te kom kuier.

Luister na die volle onderhoud hier:

Hier is 'n kleinvoorsmakie van wat jy kan verwag as jy nog nie die eerste episode van die 'Real Housewives van die Wynlande' gekyk het nie:

“Die wynlande is bietjie complicated.” – Anita Lloyd

Vanaf die eerste episode wys Amy Kleinhans-Curd, Anita Lloyd, Candice Bester, Karen Schwendtke, Mariska Thorpe en Michelle van Zyl presies hoe uitdagend ’n luukse lewe in die wynlande nou eintlik is.

Kykers word met die intrapslag aan Amy Kleinhans-Curd bekendgestel, wat in 1992 die eerste vrou van kleur was om as Mej. Suid-Afrika gekroon te word. Sy woon tans in ’n huurhuis omdat haar gesinshuis opknappings ondergaan. Sy is opgewonde omdat sy op die punt staan om haar te rebrand van Amy Kleinhans na Amelia – haar geboortnaam.

Kort daarna ontmoet Amy die voormalige welvaarsbestuurder en fiksheidsmodel Mariska Thorpe vir middagete in Franschhoek.
En so begin dit...

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories