EKSKLUSIEF: Altus Theart en Nadia Valvekens gesels oor dié opwindende nuwe telenovelle
Updated | By The Drive with Rob & Roz
Akteurs Altus Theart en Nadia Valvekens het eksklusief met Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels oor die splinternuwe telenovelle, 'Diepe Waters'.

'Diepe Waters' wentel om die wel en weë van die Swarts-familie met Justin as die karakter Gys Swarts. Gys lewe bo sy vermoëns en is baie geldgierig. Sy ambisie en gedrewendheid maak dat hy mense naby aan hom seermaak. Kykers sal moet wag en sien watter truuks hy alles uithaal.
LEES: EKSKLUSIEF: 'Die Real Housewives van Pretoria' verklap al reeds geheime
Altus Theart vertolk die rol van Gys se oudste seun, Rossouw. Rossouw is getroud met Sanet (Nadia Valvekens). Hierdie twee lyk op die oog af sielsgelukkig, maar agter toe deure is waar hul ware kleure wys.
Valvekens is geen onbekende in die sepiewêreld nie, kykers sal onthou sy was in 'Alles Malan' as die geliefde Tessa.
Rossouw en Sanet het twee kinders, Johan (Liam Bosman) en Karla (Danielle Swanepoel). Albei van hulle is groentjies in die bedryf, maar een ding is verseker, hulle het ’n blink toekoms voor hulle!
LEES: Dié gewilde 'Binnelanders'-akteur word pa!
Altus Theart en Nadia Valvekens het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels oor die nuwe opwindende telenovela en watter drama kykers kan verwag.
Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
LOOK: From wigs to urinals, Uber releases list of lost items
The e-hailing service has shared its 2025 Lost and Found index, which is...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
WATCH: New password hack will make your dreams come true
Have you tried using your passwords for manifestation?
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago