Ikoon Arnold Vosloo gesels oor sy nuwe reeks 'Plan B'

Ikoon Arnold Vosloo gesels oor sy nuwe reeks 'Plan B'

Die legendariese Hollywood-ster Arnold Vosloo het oor die nuwe kykNET-reeks, 'Plan B', gesels. 

Ikoon Arnold Vosloo gesels oor sy nuwe reeks 'Plan B'!
Verskaf

Die bekroonde akteur, Arnold Vosloo, vlieg al vir meer as 30 jaar die Suid-Afrikaanse vlag hoog in Amerika.

LEES: Actor Solomon Cupido opens up about late Bradley Olivier

Van rolle in bekende films soos 'The Mummy' en 'Blood Diamond', tot trotse Suid-Afrikaanse produksies soos die Netflix-reeks 'Ludik' en 'Griekwastad'. 

Nou is hy terug in sy tuisland vir 'n rol as een van die vroeër geliefde karakters gebore in die verbeelding van die internasionale topverkoper-misdaadskrywer, Deon Meyer.

LEES: Celine Dion shares rare family photo amid Stiff Person Syndrome battle

Aksie en drama. Humor en volbloedkarakters gebore in die verbeelding van topverkoper-skrywer Deon Meyer, omskep in 'n draaiboek deur die Hertzogprys-wenner Tertius Kapp. 

Jozua Malherbe is in die regisseurstoel, en die vervaardigers – Scene 23 se Cobus van den Bergh en Tim Theron – is dieselfde span wat vir die rolprent 'Griekwastad' verantwoordelik was. 

Op die koop toe is Arnold Vosloo weer in sy moedertaal te sien. 'Plan B' is sonder twyfel 'n dramareeks enig in sy soort, en die lokprent is maar net 'n voorsmakie.

'Plan B' begin op 26 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories