Gewilde TikTok-ster maak 'n draai op geliefde kykNET-sepie

Gewilde TikTok-ster maak 'n draai op geliefde kykNET-sepie

TikTok-geesdriftiges kan van 15 tot 22 November 2022 uitsien om hulle gunsteling-TikTok-ster, op die kassie te sien.

Actor

Chané Grobler, wat met meer as 2,5 miljoen volgelinge op TikTok (@chanegrobler) spog en bekend is vir haar opbouende video’s, is baie opgewonde om haar toneelspel-vernuf ten toon te stel wanneer sy as haarself verskyn op die gewilde kykNET-sepie, 'Binnelanders'.

"Ek is nou nog sprakeloos oor dié wonderlike geleentheid wat my te beurt geval het. Om die akteurs wat ek nog al die jare op die kassie sien in die regte lewe te ontmoet en te leer ken vir wie hulle is as mense," vertel sy opgewonde oor haar ervaring. 

"Dit was heerlik om woorde te leer, op stel te werk en sommer alles te doen wat daarmee saamgaan. Ek was nog altyd lief vir toneelspeel en sal baie daarvan hou om dit deel te maak van my loopbaan."

Vir die 'Binnelanders'-span was dit net so ’n voorreg om met ’n ster van haar kaliber te werk.

"Ons het gereken baie van Chané se derduisende volgelinge is seer sekerlik 'Binnelanders'-kykers wat dit sal geniet om haar op skerm te sien. Gelukkig het sy haar oudisie met vlieënde vaandels geslaag – en toe kom ons met die storie vorendag,” sê vervaardiger, Elsje Stark. 

"Sy was deurgaans voorbereid en uiters professioneel op stel en dit was vir ons ’n vreugde om saam met haar te werk."

In 2020 is dié plaaslike internetsensasie benoem vir ’n Nickelodeon Kids’ Choice-toekenning in die Afrika Sosialemediaster-afdeling. 

Chané glo daaraan om haarself uit te daag om uit haar gemaksone te tree en sy wil graag aanhou bou aan haar sosialemediaplatform en toneelloopbaan, die wêreld sien saam met haar kêrel en ’n verkil maak.

Met haar gasrol in 'Binnelanders' is sy beslis op die regte pad om haar drome te verwesenlik. Onthou om in te skakel!

Skakel in op 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 -19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories