Marciel Hopkins gesels oor laaste seisoen van 'Boer Soek 'n Vrou'
Updated | By The Drive with Rob and Roz
Na vier jaar as die aanbieder van die gewilde maatsoekreeks, 'Boer Soek 'n Vrou', is Marciel Hopkins op pad na groener weivelde.
Model en TV-aanbieder, Marciel Hopkins het nog altyd geweet sy wil 'n verskil maak in mense se lewens.
Sy het studeer aan die Universiteit van Stellenbosch waar sy 'n BA Drama graad en toe 'n honneurs in Sielkunde verwerf het.
VIDEO: Rozanne McKenzie shares the phone call that changed her life
Van Mej. Suid-Afrika Top 12 finalis tot aktrise, model en nog vele meer, sy is nie skaam om voor 'n kamera of 'n kamer vol mense te gesels nie.
Meeste mense sal haar herken as die aanbieder van die Suid-Afrikaanse televisieprogram, 'Boer Soek 'n Vrou'.
Haar heel eerste radio onderhoud na sy die werk gekry het was by Jacaranda FM:
Dis nogal vir my 'n full circle oomblik om vandag hier te wees. Ek het so bietjie 'deja vu' gekry toe ek nou hier buite stop, want ek onthou daai dag so goed. Dit was Februarie 2020, dit het gereën, dit was maande se afwagting dat hulle my nou gaan aankondig en ek moes vir maande hierdie geheim hou.- Marciel Hopkins
Alhoewel sy meer seisoene van die program as enige ander onder haar belt het, het sy besluit dit is tyd om die vlam te oorhandig aan iemand anders.
Ek het nou die rekord gebreek en ek sê dit as iets waaroor ek baie trots is. Ek glo die lewe gaan oor seisoene en daar kom 'n tyd om te gaan.- Marciel Hopkins
Marciel Hopkins het met Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels oor haar tyd op 'Boer Soek 'n Vrou', hoekom sy nou voel dit is tyd om aan te beweeg en wat volgende vir haar wag.
Dalk laat glip sy ook iets oor die nuwe aanbieder...
Luister die volle onderhoud hier:
Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Foto: Verskaf
Meer op Jacaranda FM
Show's Stories
-
VIDEO: Why Dolly Parton's husband has never attended events
As a veteran in the entertainment industry, the 'Jolene' singer has mana...
The Drive with Rob & Roz 26 minutes ago -
Top Google searches in SA for 2024
From pop culture moments that broke the internet to the busiest election...
The Drive with Rob & Roz an hour ago